Penisbeen
'n Penisbeen (baculum, os penis) is 'n been wat in die penis van sekere manlike soogdiere aangetref word. Verskeie roofdiere en knaagdiere, asook enkele primate het penisbene. Die penisbeen ontbreek egter by ander soogdiere, soos buideldiere, hiëna's, haasagtiges en die mens.
Sommige diersoorte, soos verskillende spesies galago ('n genus van nagapies), kan deur die vorm van die penisbeen van mekaar onderskei word. Die walrus het die langste penisbeen, met 'n lengte van ongeveer sestig sentimeter.
Sien ook
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.