Pella
Pella is 'n dorp en sendingpos noordwes van Pofadder in die provinsie Noord-Kaap van Suid-Afrika. Die dorp is omstreeks 1814 as 'n sendingpos van die Londense Sendinggenootskap gestig, toe Christen-Khoisan hulle in die gebied gevestig het. Die dorp se naam is afgelei van die Palestynse dorp Pella, 'n antieke toevlugsoord van Christene tydens die vervolging deur Romeinse owerhede. Pella is later deur die Rynse Sendinggenootskap en in 1875 uiteindelik deur die Rooms-Katolieke Kerk oorgeneem.
Pella | |
---|---|
Katedraal van Pella | |
Pella Pella se ligging in Noord-Kaap | |
Koördinate: 29°2′0″S 19°9′0″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Namakwa |
Munisipaliteit | Khâi-Ma |
Stigting | 1814 |
Oppervlak | |
• Totaal | 477,83 km2 (184,49 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 2 470 |
• Digtheid | 5/km2 (10/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.4% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 96.1% |
• Swart mense | 2.8% |
• Ander | 0.5% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 97.5% |
• Ander | 2.5% |
Poskode (strate) | 8891 |
Poskode (posbusse) | 8891 |
Skakelkode | 054 |
Die kerk op Pella is deur Franse sendelinge opgerig, en hulle het ook die eerste dadelboord aangelê. Vandag staan Pella bekend vir sy dadels van hoë gehalte, terwyl sy omgewing met 'n verskeidenheid geologiese formasies spog. Halfedelstene is volop in die gebied. Pellaberg is ongeveer 4 km noordwes van Pella.
Sien ook
Verwysings
- "Hoofplek Pella". Sensus 2011.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Pella.