Pekari

'n Pekari (ook javelina of skunk pig) is 'n mediumgrootte, varkagtige, gehoefde soogdier in die familie Tayassuidae (nuwewêreldse varke).[1]

'n Gekraagde pekari in Melbourne se dieretuin afgeneem.

Verspreiding

Hulle word oraloor sentraal en suidelike Amerika en in die suidwestelike omgewing van Noord-Amerika gevind.

Afmetings

Hulle word gewoonlik tussen 90 en 130 cm lank. 'n Volgroeide volwasse pekari kan tussen 20 en 40 kg weeg.

Verwysings

  1. "Mammal Species of the World - Browse: Pecari". www.departments.bucknell.edu. Besoek op 13 Desember 2020.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.