Pehr Osbeck
Pehr Osbeck (1723 – 23 Desember 1805) was 'n Sweedse ontdekkingsreisiger, natuurkundige en 'n apostel van Carolus Linnaeus. Hy is in die gemeente Hålanda op Västergötland gebore en het saam met Carolus Linnaeus in Uppsala gestudeer.


Natuurkundige in Canton Streek
In 1750–1752 het hy as kapelaan op die skip Prins Carl na Asië gereis , waar hy vier maande lank die flora, fauna en mense van die Cantonstreek van China bestudeer het. Hy het net betyds teruggekom om meer as 600 spesies plante by te dra tot Linnaeus se "Species Plantarum", wat in 1753 gepubliseer is.
In 1757 publiseer hy die dagboek van sy reis na China, "Dagbok öfwer en ostindisk Resa Åren", wat in 1762 in Duits, en in 1771 in Engels vertaal is.[1] In 1771 is hy verkies tot lid van die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe.
Die standaard skrywerafkorting Osbeck word gebruik om Pehr Osbeck as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam genoem word.
Latere loopbaan
Hy het sy loopbaan beëindig as die priester van Våxtorp en Hasslöv in Halland, waar hy in 1805 gesterf het.
Versamelings
Sy groot versamelings word bewaar in Swede en die Verenigde Koninkryk. Hy word herdenk deur die genus Osbeckia L. van plante in die familie Melastomataceae. Die standaard skrywer afkorting Osbeck word gebruik om hierdie individu as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word.
Gekose werke
- Osbeck, Pehr (1771). A voyage to China and East Indies, Vol. I. Geargiveer 16 Februarie 2012 op Wayback Machine London: Benjamin White. [digitized by University of Hong Kong Libraries, Digital Initiatives, "China Through Western Eyes." Geargiveer 13 Junie 2007 op Wayback Machine ]
- Osbeck, Pehr (1771). A voyage to China and East Indies, Vol. II. Geargiveer 25 Maart 2016 op Wayback Machine London: Benjamin White. [digitized by University of Hong Kong Libraries, Digital Initiatives, "China Through Western Eyes." Geargiveer 13 Junie 2007 op Wayback Machine ]