Pedirkawoestyn

Die Pedirkawoestyn is 'n klein Australiese woestyn, wat ongeveer 100 km noord-wes van Oodnadatta en 250 km noord-oos van Coober Pedy in Suid-Australië geleë is. Die Witjira Nasionale Park en Mount Deane is net noord van die woestyn geleë.

Kaart wat die ligging van die Pedirkawoestyn aandui.

Die woestyn is klein, en beslaan ongeveer 1250 km²,[1] en vorm deel van die Finke biostreek.[2]

Die woestynsand is dieprooi van kleur, met plantegroei van digte mulga woudland.[2] Die duine in die woestyn is laag, wyd-gespasieer, parallel aan mekaar en geërodeer.

Alhoewel die woestyn nie baie aantreklik is vir beweiding nie, word dit al meer ontwikkel.[2]

Verdere artikels

Verwysings

  1. Geosciences Australia – Deserts. Besoek op 10 Mei 2013.
  2. Fleming, M.; Brook, A. (2008). Australian Collaborative Rangeland Information System, Reporting Change in the Rangelands – 2007 (PDF). Department of Water, Land and Biodiversity Conservation. pp. 35, 42. ISBN 978-1-921218-96-5. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 14 Junie 2012. Besoek op 10 Mei 2013.

Eksterne Skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.