Pauridia alticola
Pauridia alticola is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Pauridia behoort en is deel van die fynbos en Sukkulente Karoo. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en die Wes-Kaap en het 'n voorkomsgebied van 14 824 km². Dit kom vanaf die Hantamsberg naby Calvinia, suidwaarts oor die Roggeveldeskarp tot by die Swartruggensberge en die Koue Bokkeveld naby Ceres voor.
Pauridia alticola | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | Monocots |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. alticola |
Binomiale naam | |
Pauridia alticola Snijman & Kocyan, (2013) | |
Sinonieme | |
|
Die plant het baie van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing rondom Ceres en in die Koue Bokkeveld.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.