Paul Roux
Paul Roux is 'n dorp in die Oos-Vrystaat, Suid-Afrika.
Paul Roux | |
---|---|
Paul Roux Paul Roux se ligging in Vrystaat | |
Koördinate: 28°18′S 27°57′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Thabo Mofutsanyana |
Munisipaliteit | Dihlabeng |
Stigting | 1909 |
Oppervlak | |
• Totaal | 6,6 km2 (2,5 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 6 152 |
• Digtheid | 932/km2 (2 410/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 5.9% |
• Indiërs/Asiërs | 0.4% |
• Bruin mense | 1.8% |
• Swart mense | 91.6% |
• Ander | 0.2% |
Taal (2011) | |
• Sotho | 88.2% |
• Afrikaans | 7.1% |
• Gebaretaal | 1.8% |
• Engels | 1.1% |
• Ander | 1.8% |
Poskode (strate) | 9800 |
Poskode (posbusse) | 9800 |
Skakelkode | 058 |
Geskiedenis
Die dorp is in 1909 gestig op die plaas Wassou maar was eers Duplessisville genoem ter ere van ene Frans du Plessis. Die plek wat gekies is, was 'n rusplek van die vroeë Voortrekkers, togryers en poskarryers. Die dorp is later na ds. Paul Roux genoem wat 'n generaal in die Tweede Vryheidsoorlog was. Paul Roux is bekend vanweë historiese dinosourusvoetspore wat op 'n plaas in die omgewing te sien is, asook die feit dat 'n voormalige Eerste Minister en later Staatspresident van Suid-Afrika, PW Botha, op die plaas Telegraaf naby die dorp gebore is.
Omgewing
Die dorp is bekend vir sy netjiese sandsteengeboue. Gemengde boerdery word in die omgewing beoefen. Populierbome word verbou waarvan vuurhoutjies vervaardig word. Die N5 nasionale pad oos na KwaZulu-Natal gaan deur die dorpie.
Noemenswaardige boorlinge
- P.W. Botha – Eerste minister en Staatspresident van Suid-Afrika.
Sien ook
Verwysings
- Som van die hoofplekke Paul Roux en Fateng Tse Ntsho tydens die 2011-sensus.
Bronne
- Erasmus, B.P.J. Op pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- Rosenthal, Eric (red.). Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Londen en New York: Frederick Warne & Kie Bpk.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Paul Roux.