Paul Auster
Paul Benjamin Auster (gebore op 3 Februarie 1947) is 'n Amerikaanse romanskrywer en filmregisseur wat veral bekendheid verwerf het vir sy postmodernistiese romans. Sy boeke is vertaal in meer as veertig tale, en sluit 'n verskeidenheid genres in soos memoires, misdaadfiksie, realisme en absurde fiksie. Hy het in die vroeë 1970's gewerk as 'n letterkundige vertaler in Frankryk. Sedert 1981 is hy getroud met die romanskrywer Siri Hustvedt. Hulle woon tans saam in Brooklyn. Auster het aan 'n briewewisseling saam met die Suid-Afrikaanse romanskrywer J.M. Coetzee deelgeneem, gepubliseer in 2013 as Here and Now: Letters, 2008–2011.
Paul Auster | |
---|---|
Gebore | 3 Februarie 1947 |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Romanskrywer |
Bekend vir | The New York Trilogy (1987) Moon Palace (1989) The Music of Chance (1990) The Book of Illusions (2002) The Brooklyn Follies (2005) |
Eggenoot | Lydia Davis (1974–1977) Siri Hustvedt (1981-) |
Kinders | Sophie Auster |
Werke
Romans
- Squeeze Play (1982) (onder die skuilnaam Paul Benjamin geskryf)
- The New York Trilogy (1987)
- City of Glass (1985)
- Ghosts (1986)
- The Locked Room (1986)
- In the Country of Last Things (1987)
- Moon Palace (1989)
- The Music of Chance (1990)
- Auggie Wren's Christmas Story (1990)
- Leviathan (1992)
- Mr. Vertigo (1994)
- Timbuktu (1999)
- The Book of Illusions (2002)
- Oracle Night (2003)
- The Brooklyn Follies (2005)
- Travels in the Scriptorium (2006)
- Man in the Dark (2008)
- Invisible (2009)
- Sunset Park (2010)
Poësie
- Unearth(1974)
- Wall Writing (1976)
- Fragments of Cold (1977)
- Facing the Music (1980)
- Disappearances: Selected Poems (1988)
- Ground Work: Selected Poems and Essays 1970–1979 (1991)
- Collected Poems (2007)
Draaiboeke
- The Music of Chance (1993)
- Smoke (1995)
- Blue in the Face (1995)
- Lulu on the Bridge (1998)
- The Inner Life of Martin Frost (2007)
Essays, memoires en outobiografieë
- The Invention of Solitude (1982)
- The Art of Hunger (1992)
- The Red Notebook (1995)
- Hand to Mouth (1997)
- Collected Prose, versameling van The Invention of Solitude, The Art of Hunger, The Red Notebook, en Hand to Mouth asook verskeie voorheen ongepubliseerde werke (eerste uitgawe, 2005; uitgebreide tweede uitgawe, 2010)
- Winter Journal (2012)
- Here and Now: Letters, 2008–2011 (2013), 'n versameling briewe tussen Auster en J. M. Coetzee
- Report from the Interior (2013)
Geredigeerde versamelings
- The Random House Book of Twentieth-Century French Poetry (1982)
- True Tales of American Life (2001)
Vertalings
- The Uninhabited: Selected Poems of André du Bouchet (1976)
- Life/Situations, deur Jean-Paul Sartre, 1977 (in samewerking met Lydia Davis)
- A Tomb for Anatole, deur Stéphane Mallarmé (1983)
- Chronicle of the Guayaki Indians (1998) (vertaling van Pierre Clastres' se ethnografie Chronique des indiens Guayaki)
- The Notebooks of Joseph Joubert (2005)
- Vicious Circles: Two fictions & "After the Fact", deur Maurice Blanchot, 1999
- Fits and Starts: Selected Poems of Jacques Dupin, vertaal deur Paul Auster, Living Hand Editions, 1974
Diverse
- The Story of My Typewriter met skilderye deur Sam Messer (2002)
- The Accidental Rebel (2008)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.