Patrick Swayze
Patrick Swayze (18 Augustus 1952 - 14 September 2009[1]) was 'n Amerikaanse akteur, danser en sanger-liedjieskrywer. As jong man het hy in 1972 New York Stad toe getrek om formele dansopleiding aan die Harkness en Joffrey-balletskole te ontvang. Hy het bekendheid verwerf vir sy rolle in 'n romantiese hoofrol in die rolprente Dirty Dancing en Ghost en as Orry Main in die televisie minireeks North and South. In 1991 is hy deur People-tydskrif aangewys as die aantreklikste man.
Patrick Swayze | |
Groet ondersteuners na Guys and Dolls in 2006 | |
Geboortenaam | Patrick Wayne Swayze |
---|---|
Geboorte | 18 Augustus 1952 Houston, TX (VSA) |
Sterfte | 14 September 2009[1] Los Angeles, CA (VSA) |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Akteur, danser, sanger-liedjieskrywer |
Rolprente | Dirty Dancing, Ghost |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Verwysings
- "Actor Patrick Swayze Dies at 57". CBS. 14 September 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2012. Besoek op 14 September 2009.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Patrick Swayze. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.