Patrick Browne

Patrick Browne (1720-1790) was 'n Ierse dokter en plantkundige.

Patrick Browne
Gebore 1720
Woodstock, County Mayo, Ierland
Oorlede 1790
Nasionaliteit Ierland
Vakgebied Geneeskunde, Plantkunde.
Instelling(s) St. Thomas-hospitaal in Londen; Jamaika.
Beïnvloed deur Carl Linnaeus

Loopbaan

Browne is in Woodstock, County Mayo gebore, en is in 1737 na familie in Antigua gestuur, maar het na twee jaar na Europa teruggekeer weens slegte gesondheid. Hy het geneeskunde, natuurwetenskap en veral plantkunde gestudeer in Reims, Parys en Leiden, en het in 1743 gekwalifiseer. Hy het as dokter by die St. Thomas-hospitaal in Londen gewerk, en het Barbados, Montserrat, Antigua en St. Kitts in die Wes-Indiese Eilande besoek, en in 1746 as dokter in Jamaika gevestig.

Hy het gekorrespondeer met die plantkundige Carl Linnaeus, onder wie se notas fragmente van artikels oor geslagsiektes en frambosesiekte deur Browne gevind is. Sy belangrikste werk, die burgerlike en natuurwetenskaplike geskiedenis van Jamaika (1756), geïllustreer deur die botaniese kunstenaar Georg Dionysius Ehret, bevat nuwe name vir 104 genera.

Hy het in 1771 afgetree na Rushbrook, naby Claremorris, Co Mayo.

Die standaard outeursafkorting P.Browne word gebruik om hierdie persoon as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word.

Sien ook

Eksterne Skakels

Verwysings

    • Nelson, E. C. Huntia 11 (1): 5-16. Hunt Institute for Botanical Documentation, Carnegie Mellon University.
    • Nelson, E. C., & Walshe, W. F. (1995). Flowers of Mayo. Geargiveer 19 November 2006 op Wayback Machine
    • Ricorso
    • National Centre for Biotechnology Information,
    • The Civil and Natural History of Jamaica. In Three Parts. (1756) Archive.org: Full online version, including 50 plates.
    This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.