Patricia Krenwinkel
Patricia Dianne Krenwinkel (gebore 3 Desember 1947) is 'n Amerikaanse veroordeelde moordenaar en was 'n hooflid van die Mansonbende, wat deur Charles Manson gelei is.[1] Op 9 Augustus 1969 het sy, Tex Watson en Susan Atkins die swanger aktrise Sharon Tate en vier ander mense in Los Angeles vermoor. Die volgende nag het van Manson se volgelinge na Los Feliz, Los Angeles, gery waar hulle Leno en Rosemary LaBianca ook vermoor het.
Patricia Krenwinkel | ||
Krenwinkel in 1973. | ||
Gebore | 03 Desember 1947 | |
Bynaam | Big Patty Yellow Marnie Reeves Mary Ann Scott Katie | |
Ander name | Patricia Dianne Krenwinkel (geboortenaam) | |
Misdaadbesonderhede | ||
Misdaad | Moord, sameswering tot moord | |
Beweging | Mansonbende | |
Vonnisbesonderhede | ||
Vonnisdatum | 29 Maart 1971 | |
Vonnis | Doodstraf, versag tot lewenslank (1972) | |
Status | In tronk |
Krenwinkel was in die "Familie" onder verskeie byname bekend, soos Big Patty, Yellow, Marnie Reeves en Mary Ann Scott, maar die meeste het haar Katie genoem.
Ná die dood in 2009 van haar medebendelid Susan Atkins is Krenwinkel nou die langs dienende vroulike gevangene in Kalifornië.[2]
Sien ook
Verwysings
- Linder, Doug (2014). "The Charles Manson (Tate–LaBianca Murder) Trial". University of Missouri–Kansas City School of Law. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016.
- Woo, Elaine (26 September 2009). "Susan Atkins dies at 61; imprisoned Charles Manson follower". Los Angeles Times. Besoek op 15 November 2012.
Skakels
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.