Patriarg Pitirim van Moskou

Pitirim van Kroetitsi (Russies: Питирим Крутицкий; ? - April 1673) was die agtste Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland.

Patriarg Pitirim
KerkRussies-Ortodokse Kerk
SetelMoskou
Termyn7 Julie 167219 April 1673
RussiesПитирим
Kerkampte
VoorgangerPatriarg Joasaf II
OpvolgerPatriarg Joachim
Persoonlike besonderhede
Gebore ?
GeboorteplekSoezdal, Rusland
Oorlede29 April [O.S. 19 April] 1673
SterfteplekMoskou
NasionaliteitRussies
Portaal    Rusland

Hy was van 1664 tot 1672 aartsbiskop van Weliki Nowgorod. Terwyl Nikon patriarg was, was Pitirim die aartsbiskop van Kroetitsi. Toe Nikon sy amp vrywillig verlaat, het Pitirim in sy plek waargeneem. Hy het soos ’n volwaardige patriarg opgetree sonder om Nikon te raadpleeg.

Toe Nikon se saak voor ’n kerklike raad dien, was Pitirim een van sy grootste teenstanders en beskuldigers, dalk in die hoop dat hy die amp kan oorneem. Hy het egter nie geslaag nie, want die raad het Joasaf II bo hom gekies. Eers ná laasgenoemde se dood in 1672 het Pitirim patriarg geword tot met sy dood ’n jaar later.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.