Patriarg Kirill van Moskou
Patriarg Kirill (Russies: Кирилл) is die Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland (Патриарх Московский и всея Руси, Patriarch Moskofski i Wseja Roesi). Hy is op 20 November 1946 in Leningrad gebore as Wladimir Michailowitsj Goendjajef (Владимир Михайлович Гундяев).
Patriarg Kirill | ||||
Patriarg Kirill in 2022. | ||||
Kerk | Russies-Ortodokse Kerk | |||
Setel | Moskou | |||
Termyn | 1 Februarie 2009 - tans | |||
Russies | Кирилл | |||
Kerkampte | ||||
Monnik | 3 April 1969 | |||
Priester | 1 Junie 1969 | |||
Biskop | 14 Maart 1976 | |||
Voorganger | Patriarg Aleksi II | |||
Persoonlike besonderhede | ||||
Geboortenaam | Wladimir Michailowitsj Goendjajef (Владимир Михайлович Гундяев) | |||
Gebore | 20 November 1946 | |||
Geboorteplek | Leningrad, Sowjetunie | |||
Nasionaliteit | Russies | |||
|
Op 3 April 1969 het hy ’n monnik geword en op 1 Junie 1969 ’n priester. In 1970 het hy professor van dogmatiese teologie aan die Geestelike Akademie in Leningrad geword, waar hy van 1974 tot 1983 rektor was. In 1977 het hy aartsbiskop van Wiborg geword en in 1988 van Smolensk en Kaliningrad. Nadat hy hoof van die Kerk se departement van buitelandse betrekkinge was, is hy aangestel as plaasvervanger van patriarg Aleksi II, wat op 5 Desember 2008 oorlede is. Hy is op 27 Januarie 2009 tot patriarg verkies.
Eksterne skakels
- Biografie
- Biografie Geargiveer 7 Desember 2013 op Wayback Machine
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Patriarg Kirill van Moskou.