Dakar-tydren
Die Dakar-tydren (voorheen bekend as die Parys-Dakar-tydren) is 'n jaarlikse tydren wat deur die Amaury Sport Organisation georganiseer word. Die tydren is oop vir amateur- en professionele jaers, maar amateurs maak gewoonlik tot 80% van jaers uit.
Die Dakar kan eerder as 'n uithourit beskou word as 'n tradisionele tydren, aangesien die landskap waaroor deelnemers jaag baie veeleisender is, terwyl die voertuie eerder ware veldvoertuie is as gemodifiseerde sedans wat in gewone veldwedrenne gebruik word. Behalwe gewone veldwerk wat die voertuie moet verrig, is bykomstige hindernisse die oorsteek van sandduine, modder, kameelgras, rotse, ensovoorts. Afstande per dag kan ook tot 'n hele paar honderd kilometers wees, wat uiterste uithouvermoë verg.
Geskiedenis en roete
Die tydren het ontstaan in 1978, 'n jaar nadat 'n jaer, Thierry Sabine, in die woestyn verdwaal het, en gedink het dit is die ideale plek vir 'n jaarlikse uithourit. Aanvanklik het die wedren jaarliks in Parys, Frankryk, begin en in Dakar, Senegal, geëindig. As gevolg van politieke en ander faktore het die begin en eindpunt egter later verskil van die oorspronklike. In die Afrika-era was die eindpunt met die uitsondering van vier tydrenne in Dakar, maar Parys was nét die beginpunt tot in 1995. Tussen 2009 en 2019 is die Dakar-tydren in Suid-Amerika aangebied. Sedert 2020 vind dit in Saoedi-Arabië plaas.
Volledige lys van vorige roetes
- 1979: Parys–Dakar
- 1980: Parys–Dakar
- 1981–1988: Parys–Algerië–Dakar
- 1989: Parys–Tunisië–Dakar
- 1990: Parys–Tripoli–Dakar
- 1991: Parys–Tripoli–Dakar
- 1992: Parys–Kaapstad
- 1993: Parys–Dakar
- 1994: Parys–Dakar–Parys
- 1995: Granada–Dakar
- 1996: Granada–Dakar
- 1997: Dakar–Agadez–Dakar
- 1998: Parys–Granada–Dakar
- 1999: Granada–Dakar
- 2000: Dakar–Kaïro
- 2001: Parys–Dakar
- 2002: Arras–Madrid–Dakar
- 2003: Marseille–Sharm el Sheikh
- 2004: Clermont-Ferrand–Dakar
- 2005: Barcelona–Dakar
- 2006–2008: Lissabon–Dakar (die roete vir 2008 se resies was reeds beplan en alle toerusting gereed in Lissabon toe die Dakar gekanselleer is op 4 Januarie 2008).
- 2009: Buenos Aires–Valparaíso–Buenos Aires[1]
- 2010: Buenos Aires–Antofagasta–Buenos Aires[2]
- 2011: Buenos Aires–Arica–Buenos Aires[3]
- 2012: Mar del Plata–Copiapó–Lima
- 2013: Lima–Tucumán–Santiago de Chile
- 2014: Rosario–Valparaíso
- 2015: Buenos Aires–Antofagasta–Uyuni–Buenos Aires
- 2016: Buenos Aires–Salta–Rosario
- 2017: Asunción–La Paz–Buenos Aires
- 2018: Lima–La Paz–Córdoba
- 2019: Lima–Lima
- 2020: Djedda–Riaad–Al-Qiddiya
- 2021: Djedda–Ḥail
- 2022: Ḥail–Djedda
- 2023: Yanbu–Dammam
- 2024: Al-'Ula–Yanbu
Die tydren het voorheen (tot 2007) gewoonlik deur Marokko, Wes-Sahara en daarna na die graslande en woestyne in Mauritanië gegaan. Die gedeeltes deur Atar en die sandduine en canyons van Mauritanië se Adrar-streek was beskou as die mees uitdagende van alle veldtydrenne.
In 1992 het Hubert Auriol die Dakar in 'n sedanvoertuig gewen nadat hy voorheen die motorfietsafdeling van die kompetisie twee keer gewen het. Dit het hom die eerste jaer gemaak wat in beide die tweewiel- en vierwielafdelings geseëvier het.
Die 2008 Dakar-tydren is op 4 Januarie 2008 jammerlik gekanselleer, te midde van vrese oor moontlike terrorisaanvalle in die Sahara. Dit het bygedra tot gerugte deur koerante dat dit die einde van die tydren voorspel. Chili en Argentinië het hulle landgebied aangebied om die ren te huisves, asook Tsjeggië.
Tussen 2009 en 2019 is die Dakar-tydren jaarliks in Suid-Amerika gehou. Sedert 2020 word die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië gehou.
Voertuie en klasse
Die drie vernaamste kompetisieklasse in die Dakar-tydren is motorfietse, sedan motorvoertuie (enige iets van strand-knortjorre ("beach buggies") tot vragmotors) en groot vragmotors. Baie voertuigvervaardigers gebruik die uiterste omstandighede van die tydren om voertuie te toets en die uithouvermoë van hul voertuie ten toon te stel.
Oorspronklik het Europese veeldoeligheidsvoertuie soos die Land Rover, die Range Rover, die Mercedes-Benz G, en die Pinzgauer, sowel as die Japannese Toyota Land Cruiser, die tydren oorheers. Ander vervaardigers het gemodifiseerde stadsvoertuie soos die Rolls-Royce, Citroën, Peugeot (405 T16 en 205 T16) en selfs Porsche ingeskryf.
In 2002 was voorbeelde van die sedan-motorvoertuigklas die Mitsubishi Pajero/Montero, die Volkswagen Touareg, en die Nissan Navara. Mercedes-Benz M-klas, BMW X5 en BMW X3, Hummer H1 en Hummer H3 sportveeldoeligheidsvoertuie was ook teenwoordig, maar het nie in die wennersposisies gespog nie. Jean-Louis Schlesser het 'n reeks strandknortjorre gebou vir die tydren wat heelwat wenners opgelewer het. Amerikaanse "Baja" styl vragmotors het ook hul verskyning gemaak, maar selde gewen.
Vragmotors (T4 "Camions" of "Lorries") sluit in Tatra, LIAZ, Kamaz, Hino, MAN, DAF, PERLINI, Mercedes-Benz Unimog, Renault Kerax, SCANIA, IVECO en GINAF. In die 1980's was daar sterk kompetisie tussen DAF en Mercedes-Benz, wat gelei het tot voertuie met twee enjins wat meer as 1000 perdekrag (hp) (750 kW) uitgestoot het. Later het Tatra, Perlini en Kamaz tot die tydren toegetree.
KTM is die mees populêre en meestal die wenmotorfiets. Die grootste mededingers in die motorvoertuigklas is MINI, Volkswagen, Mitsubishi en Nissan, en in die motorfietsklas Yamaha en KTM. Na 2000 het hernude kompetisie begin in die vragmotorklas tussen DAF, Tatra, Mercedes-Benz en Kamaz.
Insidente
In 1982 het Mark Thatcher, seun van die destydse Britse eerste minister Margaret Thatcher, en sy Franse medebestuurder, Charlotte Verney en 'n meganikus, vir ses dae verdwyn. Die drietal het op 9 Januarie herstelwerk aangebring en toe die verkeerde pad verder gevolg. 'n Algeriese militêre vliegtuig het hulle wit Peugeot 504 50 km van koers af gevind.
In 1986 het die organiseerder van die tydren, Thierry Sabine, dood verongeluk in 'n helikopterongeluk.
Ses mense, drie deelnemers en drie plaaslike inwoners, is dood tydens die 1988-wedren. Dit sluit in 'n 10-jarige kind van Mali wat die pad oorgesteek het, en 'n kameraspan wat 'n ma-en-dogter in Mauritanië doodgery het.
In 2005 is vyf mense, insluitende twee renjaers dood in die tydren, terwyl 'n Suid-Afrikaner, Elmar Symons, 'n motorfietsjaer in die 2007-tydren, oorlede is.
Kritiek
Die tydren het reeds kritiek uit verskeie oorde ontvang, meestal as gevolg van die impak van die tydren op die plaaslike bevolkings waardeur gejaag word. Die feit dat Wes-Sahara 'n deurgangspunt is sonder dat die Polisario Front (die aanvaarde verteenwoordiger van die Sahrawis-inwoners in Wes-Sahara wat deur Marokko beset word) se mening ingewin is, was nog 'n punt van kritiek. Na hierdie kritiek het die organiseerders van die ren sedert 2000 die Polisario Front se toestemming verkry.
Die Vatikaan, Afrika-menseregtegroepe en die Groen Party in Frankryk het ook al beswaar aangeteken teen die tydren weens verskeie redes. Plaaslike gemeenskappe kla dat hulle min voordeel uit die tydren trek, aangesien die deelnemers min geld op plaaslike goedere spandeer, maar mense en diere baie keer sterf in die jaers se pad.
Lys van wenners
Jaar | Roete | Motors | Motorfietse | Vragmotors | Vierwielmotorfietse | UTV's | |||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Bestuurder Medebestuurder |
Vervaardiger | Bestuurder | Vervaardiger | Bestuurder Medebestuurder |
Vervaardiger | Bestuurder | Vervaardiger | Bestuurder Medebestuurder |
Vervaardiger | ||
2024 | Al-'Ula– Yanbu |
Carlos Sainz Lucas Cruz |
Audi RS Q e-tron | Ricky Brabec | Honda CRF 450 Rally | Martin Macík František Tomášek David Švanda |
Iveco PowerStar | Manuel Andújar | Yamaha Raptor 700R | Xavier de Soultrait Martin Bonnet |
Polaris RZR Pro R |
2023 | Yanbu– Dammam |
Nasser Al-Attiyah Mathieu Baumel |
Toyota GR DKR Hilux | Kevin Benavides | KTM 450 Rally | Janus van Kasteren Darek Rodewald Marcel Snijders |
Iveco PowerStar | Alexandre Giroud | Yamaha Raptor 700R | Eryk Goczał Oriol Mena |
Can-Am XRS |
2022 | Ḥail– Djedda |
Nasser Al-Attiyah Mathieu Baumel |
Toyota GR DKR Hilux | Sam Sunderland | Gas Gas 450 Rally | Dmitri Sotnikof Ruslan Amchmadeef Ilgiz Achmetzianof |
Kamaz 435091 | Alexandre Giroud | Yamaha Raptor 700R | Austin Jones Gustavo Gugelmin |
Can-Am XRS |
2021 | Djedda– Ḥail |
Stéphane Peterhansel Édouard Boulanger |
Mini John Cooper Works Buggy | Kevin Benavides | Honda CRF 450 Rally | Dmitri Sotnikof Ruslan Amchmadeef Ilgiz Achmetzianof |
Kamaz 43509 | Manuel Andújar | Yamaha Raptor 700R | Francisco López Contardo Juan Pablo Latrach Vinagre |
Can-Am |
2020 | Djedda– Riaad– Al-Qiddiya |
Carlos Sainz Lucas Cruz |
Mini John Cooper Works Buggy | Ricky Brabec | Honda CRF 450 Rally | Andrej Karginof Andrej Mokeef Igor Leonof |
Kamaz 43509 | Ignacio Casale | Yamaha Raptor 700R | Casey Currie Sean Berriman |
Can-Am Maverick |
2019 | Lima– Lima |
Nasser Al-Attiyah Matthieu Baumel |
Toyota Hilux Dakar | Toby Price | KTM 450 Rally | Eduard Nikolaef Jefgeni Jakowlef Wladimir Rybakof |
Kamaz 43509 | Nicolas Cavigliasso | Yamaha Raptor 700R | Francisco López Contardo Alvaro Quintanilla |
Can-Am |
2018 | Lima– La Paz– Córdoba |
Carlos Sainz Lucas Cruz |
Peugeot 3008 DKR Maxi | Matthias Walkner | KTM 450 Rally Replica | Eduard Nikolaef Jefgeni Jakowlef Wladimir Rybakof |
Kamaz 4326 | Ignacio Casale | Yamaha Raptor 700 | Reinaldo Varela Gustavo Gugelmin |
Can-Am |
2017 | Asunción– La Paz– Buenos Aires |
Stéphane Peterhansel Jean-Paul Cottret |
Peugeot 3008 DKR | Sam Sunderland | KTM 450 Rally | Eduard Nikolaef Jefgeni Jakowlef Wladimir Rybakof |
Kamaz 4326 | Sergej Karyakin | Yamaha Raptor 700 | Leandro Torres Lourival Roldan |
Polaris RZR 1000 XP |
2016 | Buenos Aires– Salta- Rosario |
Stéphane Peterhansel Jean-Paul Cottret |
Peugeot 2008 DKR | Toby Price | KTM 450 Rally | Gerard de Rooy Moises Torrallardona Darek Rodewald |
Iveco PowerStar | Marcos Patronelli | Yamaha | nie gehou nie | |
2015 | Buenos Aires– Iquique- Buenos Aires |
Nasser Al-Attiyah Matthieu Baumel |
Mini All 4 Racing | Marc Coma | KTM 450 Rally | Ayrat Mardeef Aydar Belyaef Dmitriy Swistunof |
Kamaz | Rafał Sonik | Yamaha | ||
2014 | Rosario- Salta– Valparaíso |
Nani Roma Michel Périn |
Mini All 4 Racing | Marc Coma | KTM 450 Rally | Andrey Karginof Andrey Mokeef Igor Devyatkin |
Kamaz | Ignacio Casale | Yamaha | ||
2013 | Lima– Tucumán– Santiago de Chile |
Stéphane Peterhansel Jean-Paul Cottret |
Mini All 4 Racing | Cyril Despres | KTM 450 Rally | Eduard Nikolaef Sergey Sawostin Wladimir Rybakof |
Kamaz | Marcos Patronelli | Yamaha | ||
2012 | Mar del Plata– Arica– Lima |
Stéphane Peterhansel Jean-Paul Cottret |
Mini All 4 Racing | Cyril Despres | KTM 450 Rally | Gérard de Rooy Tom Colsoul Darek Rodewald |
Iveco PowerStar | Alejandro Patronelli | Yamaha Raptor 700 | ||
2011 | Buenos Aires– Arica– Buenos Aires |
Nasser Al-Attiyah Timo Gottschalk |
Volkswagen Touareg 3 | Marc Coma | KTM 450 Rally | Wladimir Chagin Sergey Sawostin Ildar Sjaysultanof |
Kamaz | Alejandro Patronelli | Yamaha | ||
2010 | Buenos Aires– Antofagasta– Buenos Aires |
Carlos Sainz Lucas Cruz |
Volkswagen Touareg 2 | Cyril Despres | KTM 690 Rally | Wladimir Chagin Sergej Sawostin Eduard Nikolaef |
Kamaz | Marcos Patronelli | Yamaha | ||
2009 | Buenos Aires– Valparaiso– Buenos Aires |
Giniel de Villiers Dirk von Zitzewitz |
Volkswagen Touareg 2 | Marc Coma | KTM 690 Rally | Firdaus Kabirof Aydar Belyaef Andrey Mokeef |
Kamaz | Josef Macháček | Yamaha | ||
2008 | gekanselleer | ||||||||||
2007 | Lissabon–Dakar | Stéphane Peterhansel Jean-Paul Cottret |
Mitsubishi Pajero | Cyril Despres | KTM 690 Rally | Hans Stacey Charly Gotlib Bernard der Kinderen |
MAN TGA | nie gehou nie | nie gehou nie | ||
2006 | Lissabon–Dakar | Luc Alphand Gilles Picard |
Mitsubishi Pajero | Marc Coma | KTM LC4 660R | Wladimir Chagin Semen Jakubof Sergej Sawostin |
Kamaz | ||||
2005 | Barcelona–Dakar | Stéphane Peterhansel Jean-Paul Cottret |
Mitsubishi Pajero | Cyril Despres | KTM LC4 660R | Firdaus Kabirof Aydar Beljaef Andrey Mokeef |
Kamaz | ||||
2004 | Clermont-Ferrand– Dakar |
Stéphane Peterhansel Jean-Paul Cottret |
Mitsubishi Pajero | Nani Roma | KTM LC4 660R | Wladimir Chagin Semen Jakubof Sergej Sawostin |
Kamaz | ||||
2003 | Marseille– Sharm el Sheikh |
Hiroshi Masuoka Andreas Schulz |
Mitsubishi Pajero | Richard Sainct | KTM LC4 660R | Wladimir Chagin Semen Jakubof Sergej Sawostin |
Kamaz | ||||
2002 | Arras–Madrid– Dakar |
Hiroshi Masuoka Pascal Maimon |
Mitsubishi Pajero | Fabrizio Meoni | KTM LC8 950R | Wladimir Chagin Semen Jakubof Sergej Sawostin |
Kamaz | ||||
2001 | Parys–Dakar | Jutta Kleinschmidt Andreas Schulz |
Mitsubishi Pajero | Fabrizio Meoni | KTM LC4 660R | Karel Loprais Josef Kalina Petr Hamerla |
Tatra 815 | ||||
2000 | Parys–Dakar–Kaïro | Jean-Louis Schlesser Henri Magne |
Schlesser-Renault Buggy | Richard Sainct | BMW F650RR | Wladimir Chagin Semen Jakubof Sergej Sawostin |
Kamaz | ||||
1999 | Granada–Dakar | Jean-Louis Schlesser Philippe Monnet |
Schlesser-Renault Buggy | Richard Sainct | BMW F650RR | Karel Loprais Radomir Stachura Josef Kalina |
Tatra 815 | ||||
1998 | Parys–Granada– Dakar |
Jean-Pierre Fontenay Gilles Picard |
Mitsubishi Pajero | Stéphane Peterhansel | Yamaha YZE850T | Karel Loprais Radomir Stachura Jan Cermak |
Tatra 815 | ||||
1997 | Dakar–Agades– Dakar |
Kenjiro Shinozuka Henri Magne |
Mitsubishi Pajero | Stéphane Peterhansel | Yamaha YZE850T | Peter Reif Johann Deinhofer |
Hino | ||||
1996 | Granada–Dakar | Pierre Lartigue Michel Périn |
Citroën ZX | Edi Orioli | Yamaha YZE850T | Wiktor Moskowskikh Anatoli Kouzmine Nail Bagawetdinof |
Kamaz | ||||
1995 | Granada–Dakar | Pierre Lartigue Michel Périn |
Citroën ZX | Stéphane Peterhansel | Yamaha YZE850T | Karel Loprais Radomir Stachura Tomas Tomecek |
Tatra 815 | ||||
1994 | Parys–Dakar–Parys | Pierre Lartigue Michel Périn |
Citroën ZX | Edi Orioli | Cagiva Elefant 900 | Karel Loprais Radomir Stachura Josef Kalina |
Tatra 815 | ||||
1993 | Parys–Dakar | Bruno Saby Dominique Serieys |
Mitsubishi Pajero | Stéphane Peterhansel | Yamaha YZE850T | Francesco Perlini Giorgio Albiero Claudio Vinante |
Perlini | ||||
1992 | Parys–Sirte– Kaapstad |
Hubert Auriol Philippe Monnet |
Mitsubishi Pajero | Stéphane Peterhansel | Yamaha YZE850T | Francesco Perlini Giorgio Albiero Claudio Vinante |
Perlini | ||||
1991 | Parys–Tripoli– Dakar |
Ari Vatanen Bruno Berglund |
Citroën ZX | Stéphane Peterhansel | Yamaha YZE750T | Jacques Houssat Thierry de Saulieu Danilo Bottaro |
Perlini | ||||
1990 | Parys–Tripoli– Dakar |
Ari Vatanen Bruno Berglund |
Peugeot 405 T16 | Edi Orioli | Cagiva Elefant 900 | Giorgio Villa Giorgio Delfino Claudio Vinante |
Perlini | ||||
1989 | Parys–Tunis–Dakar | Ari Vatanen Bruno Berglund |
Peugeot 405 T16 | Gilles Lalay | Honda NXR800V | nie gehou nie | |||||
1988 | Parys–Algiers–Dakar | Juha Kankkunen Juha Piironen |
Peugeot 205 T16 | Edi Orioli | Honda NXR800V | Karel Loprais Radomir Stachura Tomas Muck |
Tatra 815 | ||||
1987 | Parys–Algiers–Dakar | Ari Vatanen Bernard Giroux |
Peugeot 205 T16 | Cyril Neveu | Honda NXR750V | Jan de Rooy Yvo Geusens Theo van de Rijt |
DAF | ||||
1986 | Parys–Algiers–Dakar | René Metge Dominique Lemoyne |
Porsche 959 | Cyril Neveu | Honda NXR750V | Giacomo Vismara Giulio Minelli |
Mercedes-Benz | ||||
1985 | Parys–Algiers–Dakar | Patrick Zaniroli Jean Da Silva |
Mitsubishi Pajero | Gaston Rahier | BMW R100GS | Karl-Friedrich Capito Jost Capito Klaus Schweikarl |
Mercedes-Benz 1936 AK | ||||
1984 | Parys–Algiers–Dakar | René Metge Dominique Lemoyne |
Porsche 911 (953) | Gaston Rahier | BMW R100GS | Pierre Laleu Daniel Durce Patrick Venturini |
Mercedes-Benz 1936 AK | ||||
1983 | Parys–Algiers–Dakar | Jacky Ickx Claude Brasseur |
Mercedes 280 G | Hubert Auriol | BMW R100GS | Georges Groine Thierry de Saulieu Bernard Malferiol |
Mercedes-Benz 1936 AK | ||||
1982 | Parys–Algiers–Dakar | Claude Marreau Bernard Marreau |
Renault 20 | Cyril Neveu | Honda XR550 | Georges Groine Thierry de Saulieu Bernard Malferiol |
Mercedes-Benz U 1700L | ||||
1981 | Parys–Dakar | René Metge Bernard Giroux |
Range Rover | Hubert Auriol | BMW R80G/S | Adrien Villette Henri Gabrelle Alain Voillereau |
ALM/ACMAT | ||||
1980 | Parys–Dakar | Freddy Kottulinsky Gerd Löffelmann |
Volkswagen Iltis | Cyril Neveu | Yamaha XT500 | Zohra Ataouat Hadj Daou Boukrif Mahiedine Kaloua |
Sonacome | ||||
1979 | Parys–Dakar | Alain Génestier Joseph Terbiaut Jean Lemordant |
Range Rover | Cyril Neveu | Yamaha XT500 | Jean-François Dunac Jean-Pierre Chapel François Beau |
Pinzgauer |
- Bron:[4]
Verwysings
- (en) "2009 Uitgawe > Die Roete". Dakar-tydren. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2016. Besoek op 29 Januarie 2016.
- (en) "Die Roete". 2010 Dakar Argentina-Chile. Dakar-tydren. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Oktober 2015. Besoek op 13 Oktober 2015.
- (en) "Roete". Dakar-tydren. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2010. Besoek op 22 Desember 2010.
- (en) "Dakar Retrospective 1979–2009" (PDF). Official website of the Dakar rally raid. Amaury Sport Organisation. Besoek op 19 Julie 2013.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Dakar-tydren. |
- (en) Amptelike webwerf
- (en) "Dakar Rally". Encyclopædia Britannica. Besoek op 25 Januarie 2024.
- (af) "SA jaer sterf in Dakar". Beeld. 9 Januarie 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2007. Besoek op 30 September 2007.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Duitse Wikipedia vertaal. |