Parsek
’n Parsek is ’n afstandseenheid wat in die sterrekunde gebruik word. Een parsek is 3,26 ligjare, wat net minder is as 31 biljoen (3.1×1013) kilometer. Dit is die afstand wat gemeet word as die gemete hoek α in die tekening aan die regterkant 1 boogsekonde (1/3600°) is.
![](../I/Meet_afstand_na_hemelliggaam_kort_afstande.jpg.webp)
Die afstand tussen die son en 'n ander ster word bereken deur van parallaks gebruik te maak.
Die term is in 1913 geskep as ’n afkorting van "’n afstand wat ooreenstem met ’n parallaks van een sekonde".[1]
Berekening
As die afstand van die aarde na die son 1,5×1011 meter is.
α = 1 boogsekonde = 1/3600° = 0,000277778° = 2,778×10−4 °
Dus:
Een ligjaar is 3×108 m/s [spoed van lig] × 3600 s/h × 24 h/dag × 365 dae/jaar = 9,46×1015 meter
Dus: 1 parsek = 3,09×1016 m / 9,46×1015 m/ligjaar = 3,26 ligjaar
Verwante artikels
Verwysings
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.