Paralimpiese sokker

Paralimpiese sokker is 'n aanpassing van sokker vir atlete met gestremdhede. Die sport word gewoonlik volgens die reëls van FIFA, die Internasionale Sokkerfederasie, gespeel.

Piktogram wat 5-per-kant sokker aandui
Brasilië teen Argentinië in die finale van die 5-per-kant sokker tydens die Parapan American Games in 2007 te Rio de Janeiro
Piktogram wat 7-per-kant sokker aandui

Die twee mees prominente variasies van Paralimpiese Sokker is:

  • 5-per-kant sokker vir atlete met visuele gestremdhede; en
  • 7-per-kant sokker, vir atlete met serebrale parese (breingestremdhede).

Paralimpiese sokker word internasionaal beoefen en is ook op die program van die Paralimpiese Spele.

5-per-kant sokker

Vyf-per-kant sokker word beoefen deur spelers met visuele gestremdhede. Die span mag van 'n gids en 'n doelwagter met normale sig gebruik maak. Die bal word van 'n geraasmaker voorsien sodat spelers dit kan volg.

7-per-kant sokker

Sewe-per-kant sokker word beoefen deur spelers wat motoriese probleme as gevolg van harsingbeskadiging ondervind. Die tipe beskadiging vind meestal plaas as gevolg van geboortetrauma (Serebrale Parese).

Sewe spelers per span durf mekaar op 'n kleiner voetbalveld (75 m x 55 m) aan. Die doelgebied is ook kleiner (5 m x 2 m).

Eksterne skakels

Paralimpiese sporte

Somersporte: 5-per-kant sokker · Bankdruk · Boccia · Doelbal · Handfiets · Paralimpiese atletiek · Paralimpiese boogskiet · Paralimpiese driekamp · Paralimpiese judo · Paralimpiese kanovaart · Paralimpiese roei · Paralimpiese ruitersport · Paralimpiese seilvaart · Paralimpiese skyfskiet · Paralimpiese swem · Paralimpiese tafeltennis · Rolstoelbasketbal · Rolstoelrugby · Rolstoelskerm · Rolstoeltennis · Sitvlugbal

Wintersporte: Bobslee · Heg-en-steg-ski · Paralimpiese alpeski · Paralimpiese tweekamp · Rolstolysbal · Sleehokkie · Sneeuplankry

Voormalige sporte: 7-per-kant sokker · Basketbal ID · Dartchery · Paralimpiese stoei · Prikslee · Rolbal · Rolstoelresies · Snooker

Demonstrasiesporte: Racquetbal

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.