Paralimpiese Winterspele 2014

Die Paralimpiese Winterspele 2014 (Russies: Зимние Паралимпийские игры 2014, tr. Zimniye Paralimpiyskiye igry 2014) is tussen 7 en 16 Maart 2014 in Sotsji, Rusland, aangebied. Tydens die geleentheid het 538 atlete uit 45 nasies aan 72 items in 5 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1] Dit was die elfde Paralimpiese Winterspele wat aangebied is en die eerste in Rusland.

'n Uitsig oor Sotsji se Olimpiese park met die Kaukasus op die agtergrond
XIe Paralimpiese Winterspele
Paralimpiesespele van 2014

Gehou in Sotsji, Rusland
Deelnemende lande 45
Deelnemende atlete 538 (410 mans, 128 vroue)
Items 72 in 5 sporte
Openingseremonie 7 Maart 2014
Sluitingseremonie 16 Maart 2014
Amptelik geopen deur President Wladimir Poetin
Atlete-eed Walery Redkozubof
Beampte-eed
Olimpiese vlam Sergey Sjilof en Olesya Wladykina
Vorige Spele 2010: Vancouver (Kanada)
Volgende Spele 2018: Pyeongchang (Suid-Korea)

Suid-Afrika het nie aan hierdie Paralimpiese Winterspele deelgeneem nie.

Die Olimpiese Winterspele 2014 is tussen 7 en 23 Februarie in Sotsji gehou.

Toewysing

Russiese posseël wat die Paralimpiese gelukbringers uitbeeld, Snezhinka en Luchik
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Winterspele 2014

As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Winterspele 2014 ook die gasheer vir die Paralimpiese Winterspele 2014.[2] Sotsji is op 4 Julie 2007 in Guatemala-stad deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2014. Ander kandidate was: Pyeongchang en Salzburg.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2014[3]
Stad Land Rondte 1 Rondte 2
SotsjiVlag van Rusland Rusland3451
PyeongchangVlag van Suid-Korea Suid-Korea3647
SalzburgVlag van Oostenryk Oostenryk25

Sporte

Rolstoelysbal tydens die Paralimpiese Winterspele 2014

5 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.

  • Alpeski (32)
  • Heg-en-steg-ski (20)
  • Paratweekamp (18)
  • Rolstoelysbal (1)
  • Sleehokkie (1)

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie   Wedstryde  1 Wedstryde met medaljes  SS Sluitingseremonie
Maart 2014 7
Vr
8
Sa
9
So
10
Ma
11
Di
12
Wo
13
Do
14
Vr
15
Sa
16
So
Items
SeremoniesOSSS
Alpeski 6 3 3 3 3 8 3 3 32
Heg-en-steg-ski 2 4 6 2 6 20
Paratweekamp 6 6 6 18
Rolstoelysbal 1 1
Sleehokkie 1 1
Totaal1257693147972
Kumulatief121724303942566372
Maart 2014 7
Vr
8
Sa
9
So
10
Ma
11
Di
12
Wo
13
Do
14
Vr
15
Sa
16
So
Items

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes

Kaart van deelnemende nasies in 2014
Kaart van medaljes volgens lande:
Goud vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het.
Silwer vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het.
Brons vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het.
Rooi vertoon lande, wat geen medaljes gewen het nie.
Grys vertoon lande, wat nie aan die Paralimpiese Winterspele 2014 deelgeneem het nie.

Hier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1Vlag van Rusland Rusland (RUS)6830282280
2Vlag van Duitsland Duitsland (GER)1395115
3Vlag van Kanada Kanada (CAN)5472716
4Vlag van Oekraïne Oekraïne (UKR)23591125
5Vlag van Frankryk Frankryk (FRA)1453412
6Vlag van Slowakye Slowakye (SVK)163227
7Vlag van Japan Japan (JPN)203126
8Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (VSA)7427918
9Vlag van Oostenryk Oostenryk (AUT)1325411
10Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (GBR)121326
11Vlag van Noorweë Noorweë (NOR)311214
Vlag van Swede Swede (SWE)221214
13Vlag van Spanje Spanje (ESP)71113
14Vlag van Nederland Nederland (NED)71001
Vlag van Switserland Switserland (SUI)81001
16Vlag van Finland Finland (FIN)130101
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (NZL)30101
18Vlag van Belarus Belarus (BLR)100033
19Vlag van Australië Australië (AUS)90022
Totaal (19 NPKs)417727272216

Verwysings

  1. "IPC Historical Results Archive" (in Engels). Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Maart 2018. Besoek op 23 Januarie 2018.
  2. "Paralympics 2012: London to host 'first truly global Games'" (in Engels). BBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020. Besoek op 23 Januarie 2018.
  3. "Past Olympic Host City Election Results" (in Engels). GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 23 Januarie 2018.

Eksterne skakels

Paralimpiese Spele Logo van die Paralimpiese Spele

Somerspele: Rome 1960Tokio 1964Tel Aviv 1968Heidelberg 1972Toronto 1976Arnhem 1980New York & Stoke Mandeville 1984Seoel 1988Barcelona 1992Atlanta 1996Sydney 2000Athene 2004Beijing 2008Londen 2012Rio de Janeiro 2016Tokio 2020Parys 2024Los Angeles 2028Brisbane 2032
Winterspele: Örnsköldsvik 1976Geilo 1980Innsbruck 1984Innsbruck 1988Tignes-Albertville 1992Lillehammer 1994Nagano 1998Salt Lake City 2002Turyn 2006Vancouver 2010Sotsji 2014Pyeongchang 2018Beijing 2022Milaan/Cortina 2026
Internasionale Paralimpiese KomiteeNasionale Paralimpiese Komitee

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.