Paralimpiese Winterspele 2010

Die Paralimpiese Winterspele 2010 (Engels: 2010 Winter Paralympics, Frans: Les Xes Jeux paralympiques d'hiver) is tussen 12 en 21 Maart 2010 in Vancouver, Kanada, aangebied. Enkele van die items is in die nabygeleë Whistler gehou. Dit was die tiende Paralimpiese Winterspele wat aangebied is en die tweede keer dat Paralimpiese Spele in Kanada beslis is. 'n Rekord van 44 lande het hieraan deelgeneem.[1]

Xe Paralimpiese Winterspele
Paralimpiesespele van 2010

Gehou in Vancouver, Kanada
Deelnemende lande 44
Deelnemende atlete 502 (381 mans, 121 vroue)
Items 64 in 5 sporte
Openingseremonie 12 Maart 2010
Sluitingseremonie 21 Maart 2010
Amptelik geopen deur Goewerneur-Generaal Michaëlle Jean
Atlete-eed Hervé Lord
Beampte-eed Linda Kirton
Olimpiese vlam Zach Beaumont
Vorige Spele 2006: Turyn (Italië)
Volgende Spele 2014: Sotsji (Rusland)

Die Olimpiese Winterspele 2010 is tussen 12 en 28 Februarie in Vancouver gehou.

Toewysing

Miga, een van die gelukbringers van die Paralimpiese Winterspele 2010
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Winterspele 2010

As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Winterspele 2010 ook die gasheer vir die Paralimpiese Winterspele 2010.[2] Vancouver is op 2 Julie 2003 in Praag deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2010. Ander kandidate was: Pyeongchang en Salzburg.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2010[3]
Stad Land Rondte 1 Rondte 2
VancouverVlag van Kanada Kanada4056
PyeongchangVlag van Suid-Korea Suid-Korea5153
SalzburgVlag van Oostenryk Oostenryk16

Sporte

Rolstolysbal tydens die Paralimpiese Winterspele 2010

5 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.

  • Alpeski (30)
  • Heg-en-steg-ski (20)
  • Paratweekamp (12)
  • Rolstoelysbal (1)
  • Sleehokkie (1)

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die aantal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie   Wedstryde  1 Wedstryde met medaljes  SS Sluitingseremonie
Maart 2010 12
Vr
13
Sa
14
So
15
Ma
16
Di
17
Wo
18
Do
19
Vr
20
Sa
21
So
Items
Alpeski 4 2 4 2 6 6 6 30
Heg-en-steg-ski 2 4 6 2 6 20
Paratweekamp 6 6 12
Rolstoelysbal 1 1
Sleehokkie 1 1
Totaal 6 6 6 4 8 12 6 10 6 64
Seremonies OS SS

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Suid-Afrika het aan hierdie Paralimpiese Winterspele deelgeneem, maar kon geen medaljes verower nie.

Aantal medaljes

Kaart van deelnemende nasies in 2010
Die Paralimpiese vlam word tydens die openingseremonie aangesteek

Hier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1Vlag van Duitsland Duitsland (GER)20135624
2Vlag van Rusland Rusland (RUS)3112161038
3Vlag van Kanada Kanada (CAN)55105419
4Vlag van Slowakye Slowakye (SVK)1362311
5Vlag van Oekraïne Oekraïne (UKR)1958619
6Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA)5045413
7Vlag van Oostenryk Oostenryk (AUT)1934411
8Vlag van Japan Japan (JPN)4233511
9Vlag van Belarus Belarus (BLR)92079
10Vlag van Frankryk Frankryk (FRA)211416
11Vlag van Italië Italië (ITA)351337
12Vlag van Noorweë Noorweë (NOR)271326
13Vlag van Spanje Spanje (ESP)51203
Vlag van Switserland Switserland (SUI)151203
15Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (NZL)21001
16Vlag van Australië Australië (AUS)110134
17Vlag van Finland Finland (FIN)50112
18Vlag van Suid-Korea Suid-Korea (KOR)250101
19Vlag van Swede Swede (SWE)260022
20Flag of the Czech Republic Tsjeggië (CZE)190011
Vlag van Pole Pole (POL)120011
Totaal (21 NPKs)461646563192

Sien ook

Verwysings

  1. (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Maart 2018. Besoek op 23 Januarie 2018.
  2. (en) "Paralympics 2012: London to host 'first truly global Games'". BBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020. Besoek op 23 Januarie 2018.
  3. (en) "Past Olympic Host City Election Results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 23 Januarie 2018.

Eksterne skakels

Paralimpiese Spele Logo van die Paralimpiese Spele

Somerspele: Rome 1960Tokio 1964Tel Aviv 1968Heidelberg 1972Toronto 1976Arnhem 1980New York & Stoke Mandeville 1984Seoel 1988Barcelona 1992Atlanta 1996Sydney 2000Athene 2004Beijing 2008Londen 2012Rio de Janeiro 2016Tokio 2020Parys 2024Los Angeles 2028Brisbane 2032
Winterspele: Örnsköldsvik 1976Geilo 1980Innsbruck 1984Innsbruck 1988Tignes-Albertville 1992Lillehammer 1994Nagano 1998Salt Lake City 2002Turyn 2006Vancouver 2010Sotsji 2014Pyeongchang 2018Beijing 2022Milaan/Cortina 2026
Internasionale Paralimpiese KomiteeNasionale Paralimpiese Komitee

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.