Paralimpiese Winterspele 1984

Die Paralimpiese Winterspele 1984 (Duits: Paralympische Winterspiele 1984), destyds bekend as die 3de Olimpiese Winterspele vir Gestremdes, is tussen 14 en 20 Januarie 1984 in Innsbruck, Oostenryk, aangebied. Tydens die geleentheid het 419 atlete uit 21 nasies aan 107 items in 3 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1]

IIIe Paralimpiese Winterspele
Paralimpiesespele van 1984

Gehou in Innsbruck, Oostenryk
Deelnemende lande 21
Deelnemende atlete 419 (325 mans, 94 vroue)
Items 107 in 3 sporte
Openingseremonie 14 Januarie 1984
Sluitingseremonie 20 Januarie 1984
Amptelik geopen deur President Rudolf Kirchschläger
Atlete-eed (sedert 1992)
Beampte-eed
Olimpiese vlam (sedert 1992)
Vorige Spele 1980: Geilo (Noorweë)
Volgende Spele 1988: Innsbruck (Oostenryk)

Dit was die derde Paralimpiese Winterspele wat aangebied is. Die naam "Paralimpiese Spele" is deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in 1984 aanvaar, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is.

Die Olimpiese Winterspele 1984 is tussen 8 en 19 Februarie in Sarajevo, Joego-Slawië, gehou. Die Paralimpiese Somerspele 1984 vir atlete met breinverlamming, gesigsgestremde atlete, atlete met amputasies en les autres is tussen 17 en 30 Junie in New York Stad, Verenigde State, aangebied, terwyl dié vir rolstoelatlete tussen 22 Julie en 1 Augustus in Stoke Mandeville, Verenigde Koninkryk, aangebied is.

Sporte

3 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.

  • Alpeski (56)
  • Heg-en-steg-ski (35)
  • Ysslee (16)

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes

Kaart van deelnemende nasies in 1984:

 Neem vir die eerste keer deel

 Het reeds vantevore deelgeneem

Hier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1Vlag van Oostenryk Oostenryk (AUT)34191770
2Vlag van Finland Finland (FIN)199634
3Vlag van Noorweë Noorweë (NOR)15131341
4Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland (FRG)10141034
5Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA)517141435
6Vlag van Swede Swede (SWE)72514
7Vlag van Switserland Switserland (SUI)5161637
8Vlag van Frankryk Frankryk (FRA)4206
9Vlag van Pole Pole (POL)32813
10Vlag van Kanada Kanada (CAN)2228414
11Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (NZL)81315
12Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (GBR)2204610
13Vlag van Italië Italië (ITA)0011
Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië (YUG)100011
Totaal (21 NPKs)419107106102315

Sien ook

Verwysings

  1. "IPC Historical Results Archive" (in Engels). Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2018. Besoek op 23 Januarie 2018.

Eksterne skakels

Paralimpiese Spele Logo van die Paralimpiese Spele

Somerspele: Rome 1960Tokio 1964Tel Aviv 1968Heidelberg 1972Toronto 1976Arnhem 1980New York & Stoke Mandeville 1984Seoel 1988Barcelona 1992Atlanta 1996Sydney 2000Athene 2004Beijing 2008Londen 2012Rio de Janeiro 2016Tokio 2020Parys 2024Los Angeles 2028Brisbane 2032
Winterspele: Örnsköldsvik 1976Geilo 1980Innsbruck 1984Innsbruck 1988Tignes-Albertville 1992Lillehammer 1994Nagano 1998Salt Lake City 2002Turyn 2006Vancouver 2010Sotsji 2014Pyeongchang 2018Beijing 2022Milaan/Cortina 2026
Internasionale Paralimpiese KomiteeNasionale Paralimpiese Komitee

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.