Paralimpiese Winterspele 1976
Die Paralimpiese Winterspele 1976 (Sweeds: Paralympiska vinterspelen 1976), destyds bekend as die 1ste Olimpiese Winterspele vir Gestremdes, is tussen 21 en 28 Februarie 1976 in Örnsköldsvik, Swede, aangebied. Tydens die geleentheid het 198 atlete uit 16 nasies aan 52 items in 2 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1]
Ie Paralimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Dit was die eerste Paralimpiese Winterspele wat aangebied is. Die naam "Paralimpiese Spele" is deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in 1984 aanvaar, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is.
Die Olimpiese Winterspele 1976 is tussen 4 en 15 Februarie in Innsbruck gehou. Die Paralimpiese Somerspele 1976 is in Toronto, Kanada, aangebied.
Sporte
2 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.
- Alpeski (28)
- Heg-en-steg-ski (25)
Deelnemende nasies
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:
- België (5)
- Finland (26)
- Frankryk (21)
- Japan (1)
- Joego-Slawië (9)
- Kanada (6)
- Noorweë (23)
- Oostenryk (24)
- Pole (7)
- Swede (16)
- Switserland (15)
- Tsjeggo-Slowakye (5)
- Uganda (1)
- Verenigde Koninkryk (6)
- Verenigde State (1)
- Wes-Duitsland (32)
Aantal medaljes
Hier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Wes-Duitsland (FRG) | 32 | 10 | 12 | 6 | 28 |
2 | Switserland (SUI) | 15 | 10 | 1 | 1 | 12 |
3 | Finland (FIN) | 26 | 8 | 7 | 7 | 22 |
4 | Noorweë (NOR) | 23 | 7 | 3 | 2 | 12 |
5 | Swede (SWE) | 16 | 6 | 7 | 7 | 20 |
6 | Oostenryk (AUT) | 24 | 5 | 16 | 14 | 35 |
7 | Tsjeggo-Slowakye (TCH) | 5 | 3 | 0 | 0 | 3 |
8 | Frankryk (FRA) | 21 | 2 | 0 | 3 | 5 |
9 | Kanada (CAN) | 6 | 2 | 0 | 2 | 4 |
Totaal (16 NPKs) | 198 | 53 | 46 | 42 | 141 |
Verwysings
- (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2018. Besoek op 23 Januarie 2018.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Paralimpiese Winterspele 1976.
- (en) Örnsköldsvik 1976 Paralympic.org. Internasionale Paralimpiese Komitee.