Paralimpiese Somerspele 1968

Die Paralimpiese Somerspele 1968 (Hebreeus: המשחקים הפאראלימפיים ה-3), destyds bekend as die 17de jaarlikse Internasionale Stoke Mandeville Spele, is tussen 4 en 13 November 1968 in Tel Aviv, Israel, aangebied. Tydens die geleentheid het 774 atlete uit 28 nasies aan 188 items in 10 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1]

IIIe Paralimpiese Somerspele
Paralimpiesespele van 1968

Gehou in Tel Aviv, Israel
Deelnemende lande 28
Deelnemende atlete 774 (577 mans, 197 vroue)
Items 188 in 10 sporte
Openingseremonie 4 November 1968
Sluitingseremonie 13 November 1968
Amptelik geopen deur Premier Yigal Allon
Atlete-eed (sedert 2012)
Beampte-eed (sedert 2008)
Olimpiese vlam (sedert 1992)
Vorige Spele 1964: Tokio (Japan)
Volgende Spele 1972: Heidelberg (Wes-Duitsland)

Dit was die derde Paralimpiese Spele wat aangebied is en die bedoeling was dat die spele, net soos die Olimpiese Somerspele 1968, die jaar in Meksikostad (Meksiko) gehou sou word. Maar die Meksikaanse regering sien daarvan af vanweë die probleme waarmee hulle geworstel het.[2] Die Israeliese regering het aangebied om die wedstryde in Tel Aviv te hou, 'n voorstel wat aanvaar is. Dus het hierdie spele die eerste in die Paralimpiese geskiedenis geword wat nie gelyktydig gehou is met die Olimpiese Spele nie. Die naam "Paralimpiese Spele" is deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in 1984 aanvaar, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is.

Suid-Afrika behaal 'n tiende plek tydens die Spele met 'n totaal van 26 medaljes (nege goud, tien silwer en sewe brons).

Sporte

10 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Aantal medaljes

Ora Goldstein ontvang die goue medalje tydens die Paralimpiese Somerspele 1968

Hier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA)8233273999
2Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (GBR)7529202069
3Vlag van Israel Israel (ISR)5318212362
4Vlag van Australië Australië (AUS)321516738
5Vlag van Frankryk Frankryk (FRA)1310932
6Vlag van Duitsland Wes-Duitsland (FRG)12121135
7Vlag van Italië Italië (ITA)3812101739
8Vlag van Nederland Nederland (NED)35124420
9Vlag van Argentinië Argentinië (ARG)10101030
10Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (RSA)8910726
11Vlag van Rhodesië Rhodesië (RHO)67720
12Vlag van Kanada Kanada (CAN)66719
13Vlag van Noorweë Noorweë (NOR)5319
14Vlag van Jamaika Jamaika (JAM)3115
15Vlag van Oostenryk Oostenryk (AUT)31271019
16Vlag van Japan Japan (JPN)4822812
17Vlag van Swede Swede (SWE)16411
18Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (NZL)1214
19Flag of Ireland Ierland (IRL)0459
20Vlag van België België (BEL)0336
21Vlag van Spanje Spanje (ESP)0314
22Vlag van Switserland Switserland (SUI)340268
Totaal (22 NPKs)189186201576

Verwysings

  1. (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Maart 2018. Besoek op 22 Januarie 2018.
  2. (en) "1968 Tel Aviv". insidethegames.biz. Dunsar Media Company. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 April 2020. Besoek op 22 Januarie 2018.

Eksterne skakels

Paralimpiese Spele Logo van die Paralimpiese Spele

Somerspele: Rome 1960Tokio 1964Tel Aviv 1968Heidelberg 1972Toronto 1976Arnhem 1980New York & Stoke Mandeville 1984Seoel 1988Barcelona 1992Atlanta 1996Sydney 2000Athene 2004Beijing 2008Londen 2012Rio de Janeiro 2016Tokio 2020Parys 2024Los Angeles 2028Brisbane 2032
Winterspele: Örnsköldsvik 1976Geilo 1980Innsbruck 1984Innsbruck 1988Tignes-Albertville 1992Lillehammer 1994Nagano 1998Salt Lake City 2002Turyn 2006Vancouver 2010Sotsji 2014Pyeongchang 2018Beijing 2022Milaan/Cortina 2026
Internasionale Paralimpiese KomiteeNasionale Paralimpiese Komitee

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.