Parafileties
’n Takson is parafileties as die laaste gemeenskaplike voorsaat van al die lede van die groep tot die takson behoort, maar nie alle afstammelinge van die voorsaat nie.
Parafiletiese taksons verskil van monofiletiese taksons, waar die groep die gemeenskaplike voorsaat en al die afstammelinge daarvan insluit, en van polifiletiese taksons, waar die meeste afstammelinge wel tot die groep behoort, maar nie die gemeenskaplike voorsaat self nie.
Voorbeeld
Die klas Reptilia is ’n goeie voorbeeld van ’n parafiletiese takson. Dit bevat in die tradisionele, taksonomiese klassifikasie die skilpaaie, akkedisse, slange, tuataras, krokodille, dinosourusse en soogdierreptiele. Hulle het almal ’n gemeenskaplike voorsaat wat tradisioneel ook ’n reptiel was, maar voëls val nie in die klas nie, hoewel hulle ook uit reptiele ontstaan het. Al die afstammelinge van die gemeenskaplike voorsaat behoort dus nie tot Reptilia nie.
Taksonomie en kladistiek
In moderne taksonomie word daarna gestreef om waar moontlik slegs met monofiletiese taksons te werk. Die moontlikheid om die DNA van organismes te vergelyk, het die ontwikkeling van ’n nuwe klassifikasiestelsel versnel.