Papawersaad
Papawersaad is 'n oliesaad verkry van die opiumpapawer (Papaver somniferum). Die klein niervormige sade word reeds vir duisende jare deur verskeie beskawings geoes van gedroogde saadhulsels. Die saad word heel of gemaal gebruik as 'n bestanddeel in verskeie voedseldisse, en word ook gepers om papawersaadolie te lewer.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.