Pantokratoros-klooster

Die Pantokratoros-klooster (Grieks: Μονή Παντοκράτορος) is ’n Oosters-Ortodokse klooster in die noordoostelike deel van Berg Athos in Griekeland. Dit is sewende in rang van die skiereiland se kloosters en is toegewy aan die Verheerliking van Jesus. Daar is sowat 17 werkende monnike.

Die hawe van die Pantokratoros-klooster.

Die klooster is in 1363 gestig. Die biblioteek bevat sowat 350 manuskripte en 3 500 gedrukte boeke in Grieks en Turks.

Sien ook

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.