Panevėžys

Panevėžys is die vyfde grootste stad van Litaue en die hoofstad van die etnografiese gewes Aukštaitija in die noorde van die land. Die stad is halfpad tussen twee Baltiese hoofstede, Vilnius (130 km) en Riga (150 km) geleë en word deur die Via Baltica-snelweg met Skandinawië en Wes-Europa verbind.

Panevėžys

Kaart Wapen
Vlag
 Land  Litaue
 Etnografiese gewes Aukštaitija
 Koördinate 55°44′N 24°22′O
 Stigting (eerste verwysing) 7 September 1503
 Stadstatus 1837
 Oppervlakte:  
 - Totaal 52 vk km
 Hoogte bo seevlak 50 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2013) 97 343
 - Bevolkingsdigtheid 1 872/vk km
 Tydsone EET (UTC +2)
 - Somertyd EEST (UTC +3)
 Klimaat  
 - Tipe Kontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur -°C
 - Gem. temp. Januarie/Julie - / - °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae - mm
 Burgemeester Povilas Vadopolas
 Amptelike Webwerf www.panevezys.lt/

Panevėžys is aan die Nevėžis, die sesde langste rivier in Litaue, geleë waarvan ook die stadsnaam afgelei is. Die stad is een van die beduidendste industriële sentrums in die land.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.