Pandora (maan)
Pandora (Grieks: Πανδώρα) is ’n binneste maan van Saturnus. Dit is in 1980 ontdek op foto's wat deur Voyager 1 geneem is en het die voorlopige naam S/1980 S 26 gekry.[3] Laat in 1985 is dit amptelik genoem na Pandora in die Griekse mitologie.[4] Dit is ook bekend as Saturn XVII.[5]
Pandora se westelike halfrond. | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Stewart A. Collins, Voyager 1 |
Datum | Oktober 1980 |
Wentelbaaneienskappe [1] | |
Epog 31 Desember 2003 (JD 2 453 005,5) | |
Halwe lengteas | 141 720±10 km |
Wentelperiode | 0,628504213 d |
Baanhelling | 0,050±0,004 ° |
Satelliet van | Saturnus |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 104 × 81 × 64 km [2] |
Gem. radius | 40,7±1,5 km [2] |
Volume | ≈ 280 000 km3 |
Massa | 1,371±0,019×1017 kg[2] |
Gem. digtheid | 0,49±0,06 g/cm3[2] |
Oppervlak- aantrekkingskrag | 0,0026–0,0060 m/s2 [2] |
Ontsnapping- snelheid | ≈ 0,019 km/s |
Rotasieperiode | Sinkronies |
Ashelling | Nul |
0,6 | |
Temperatuur | ≈ 78 K |
Daar is geglo Pandora is ’n herdersmaan in Saturnus se F-ring. Onlangse studies het egter getoon dit speel geen rol nie en dat net Prometheus, die binneste herdersmaan, die smal ring bymekaarhou.[6][7] Dit het meer kraters as die nabygeleë Prometheus en het minstens twee grotes van sowat 30 km in deursnee. Die meeste kraters op Pandora is vlak omdat dit met ruimterommel gevul is. Riwwe en gleuwe kan ook op die oppervlak gesien word.[8]
Dit lyk of Pandora se wentelbaan chaoties is vanweë sy reeks van vier 118:121 baanresonansies met Prometheus.[9] Die duidelikste veranderings in hul wentelbane kom elke sowat 6,2 jaar voor,[1] wanneer Pandora se periapside oplyn met Prometheus se apoapside; dan is hulle sowat 1 400 km van mekaar af. Pandora het ook ’n 3:2-resonansie met Mimas.[1]
Uit sy baie lae digtheid en relatief hoë albedo kan afgelei word Pandora is ’n baie, poreuse, ysagtige voorwerp. Daar is egter groot onsekerheid hieroor en dit moet nog bevestig word.
Galery
Verwysings
- Spitale Jacobson et al. 2006.
- Thomas 2010.
- IAUC 3532.
- IAUC 4157.
- USGS: Planet and Satellite Names and Discoverers.
- Lakdawalla, E. (5 Julie 2014). "On the masses and motions of mini-moons: Pandora's not a "shepherd," but Prometheus still is" (in Engels). Planetary Society. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Januarie 2020. Besoek op 17 April 2015.
- Cuzzi, J. N.; Whizin, A. D.; Hogan, R. C.; Dobrovolskis, A. R.; Dones, L.; Showalter, M. R.; Colwell, J. E.; Scargle, J. D. (April 2014). "Saturn's F Ring core: Calm in the midst of chaos". Icarus. 232: 157–175. Bibcode:2014Icar..232..157C. doi:10.1016/j.icarus.2013.12.027. ISSN 0019-1035.
- Solar System, NASA: Pandora.
- Renner et al. 2005.
Bronne
- Marsden, Brian G. (31 Oktober 1980). "Satellites of Saturn" (discovery). IAU Circular. 3532. Besoek op 29 Desember 2011.
- Marsden, Brian G. (3 Januarie 1986). "Satellites of Saturn and Pluto" (naming the moon). IAU Circular. 4157. Besoek op 29 Desember 2011.
- Renner, Stéfan F.; Sicardy, Bruno; French, Richard G. (Maart 2005). "Prometheus and Pandora: Masses and orbital positions during the Cassini tour". Icarus. 174 (1): 230–240. Bibcode:2005Icar..174..230R. doi:10.1016/j.icarus.2004.09.005.
- "Saturn: Moons: Pandora". Solar System Exploration: Planets. Nasa. 4 April 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Junie 2015. Besoek op 29 Desember 2011.
- Spitale, J. N.; Jacobson, R. A.; Porco, C. C.; Owen, W. M., Jr. (2006). "The orbits of Saturn's small satellites derived from combined historic and Cassini imaging observations" (PDF). The Astronomical Journal. 132 (2): 692–710. Bibcode:2006AJ....132..692S. doi:10.1086/505206.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - Thomas, P. C. (Julie 2010). "Sizes, shapes, and derived properties of the saturnian satellites after the Cassini nominal mission" (PDF). Icarus. 208 (1): 395–401. Bibcode:2010Icar..208..395T. doi:10.1016/j.icarus.2010.01.025.
{{cite journal}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - USGS/IAU (21 Julie 2006). "Planet and Satellite Names and Discoverers". Gazetteer of Planetary Nomenclature. USGS Astrogeology. Besoek op 29 Desember 2011.
Eksterne skakels
- Pandora Geargiveer 2 Junie 2015 op Wayback Machine by Nasa se Solar System Exploration
- Pandora by The Planetary Society
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Pandora (maan).
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia