Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad
Die Pan-Suid-Afrikaanse taalraad (Pansat) is gestig in Suid-Afrika om veeltaligheid en taalregte te bevorder sowel as om die ontwikkeling van die amptelike tale van Suid-Afrika te handhaaf. Die liggaam is gestig deur 'n Wet van die parlement (59 van 1995, gewysig deur Wet 10 van 1999).
Die amptelike tale van die Republiek van Suid-Afrika is Noord-Sotho, Suid-Sotho, Tswana, Swazi -, Venda, Tsonga, Afrikaans, Engels, Ndebele, Xhosa en Zoeloe. Pansat streef ook daarna om gelyke status vir die Khoi, Nama, en die San tale te bereik sowel as Suid-Afrikaanse gebaretaal.
Pansat se strukture sluit in die volgende:
- Provinsiale Taal Komitees
- Nasionale Taal Liggame
- Nasionale Leksikografie-Eenhede.
Eksterne skakels
- Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad Geargiveer 17 Desember 2007 op Wayback Machine
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.