Palmietrivier
Die Palmietrivier is geleë in die Wes-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. Die rivier is tipies van 'n Wes-Kaapse rivier, met 'n reënseisoen in die winter. Dit het 'n klein opvangsgebied van 500 km². Dit het vyf besproeiings- en hidro-elektriese damme, en verskaf water vir landbou en industriële doeleindes, asook aan die Kaapstadse Metromunisipaliteit.
Palmietrivier | |
---|---|
Oorsprong | Kogelberg, Wes-Kaapprovinsie |
Stroomgebied | Suid-Afrika |
Die rivier is vernoem na palmiet (Prionium serratum), 'n tipe riet wat in die rivier groei.
![](../I/Palmiet_River.jpg.webp)
Die Palmietrivierbrug tussen Bettiesbaai en Kleinmond, Wes-Kaap
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Palmietrivier. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.