Palladium
Palladium is 'n chemiese element met die simbool Pd en atoommassa van 46. Dit is 'n seldsame silwerwit oorgangsmetaal uit die platinumgroep en waarvan die chemiese eienskappe ooreenkomste met platinum toon. Dit is in 1803 in platinumertse ontdek deur William Hyde Wollaston en na die asteroïde Pallas vernoem.
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Algemeen | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Naam, simbool, getal | palladium, Pd, 46 | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Chemiese reeks | oorgangsmetale | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Groep, periode, blok | 10, 5, d | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Voorkoms | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Atoommassa | 106.42 (1) g/mol | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Elektronkonfigurasie | [Kr] 4d10 | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Elektrone per skil | 2, 8, 18, 18, 0 | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Fisiese eienskappe | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Toestand | vastestof | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Digtheid (naby k.t.) | 12.023 g/cm³ | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Vloeistof digtheid teen s.p. | 10.38 g/cm³ | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Smeltpunt | 1828.05 K (1554.9 °C) | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Kookpunt | 3236 K (2963 °C) | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Smeltingswarmte | 16.74 kJ/mol | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Verdampingswarmte | 362 kJ/mol | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Warmtekapasiteit | (25 °C) 25.98 J/(mol·K) | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Atoomeienskappe | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Kristalstruktuur | kubies vlakgesentreerd | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Ruimtegroep | Fm3m nommer: 225 | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Strukturbericht-kode | A1 | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Oksidasietoestande | 2, 4 (matige basiese oksied) | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Elektronegatiwiteit | 2.20 (Skaal van Pauling) | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Ionisasie-energieë | 1ste: 804.4 kJ/mol | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
2de: 1870 kJ/mol | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
3de: 3177 kJ/mol | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Atoomradius | 140 pm | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Atoomradius (ber.) | 169 pm | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Kovalente radius | 131 pm | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Van der Waals-radius | 163 pm | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Diverse | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Magnetiese rangskikking | geen data | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Elektriese resistiwiteit | (20 °C) 105.4 nΩ·m | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Termiese geleidingsvermoë | (300 K) 71.8 W/(m·K) | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Termiese uitsetting | (25 °C) 11.8 µm/(m·K) | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Spoed van klank (dun staaf) | (20 °C) 3070 m/s | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Young se modulus | 121 GPa | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Skuifmodulus | 44 GPa | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Massamodulus | 180 GPa | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Poissonverhouding | 0.39 | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Mohs se hardheid | 4.75 | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Vickers hardheid | 461 MPa | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Brinell hardheid | 37.3 MPa | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
CAS-registernommer | 7440-05-3 | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Vernaamste isotope | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Portaal Chemie |
Palladium word gewoonlik as 'n vrye metaal in legering met ander platinumgroepmetale aangetref. Dit word kommersieel ontgin vanuit koper-nikkelertse. Palladium het 'n groot affiniteit vir waterstof en kan soveel as 900 keer sy eie volume van die gas absorbeer. Palladium-metaal en sy komplekse word dikwels in katalisatore gebruik soos in die geval van katalitiese omsetters in motors, palladium op koolstof wat in organiese chemie en ander verbindingsreaksies gebruik word. Dit is 'n edelmetaal wat soms in juweliersware gebruik word en word met die ISO valutakode XPD aangedui. Palladium het onlangs baie belangstelling by beleggers laat ontstaan. Vroeg in 2007 is verskeie Effekte verhandelde fondse met fisiese palladium as rugsteuning geloods, onder andere die London ETF Security Geargiveer 18 Oktober 2007 op Wayback Machine en die ZKB Palladium ETF[dooie skakel].
Geskiedenis
Palladium is deur William Hyde Wollaston in 1803 ontdek.[1][2] Die element is deur Wollaston vernoem na die asteroïde, Pallas, wat twee jaar tevore ontdek is.[3]
Wollaston het palladium in ru platinumerts vanuit Suid-Amerika ontdek deur die erts in aqua regia op te los, dit daarna met 'n oplossing van natriumhidroksied te neutraliseer, die platinum is toe as ammoniumchloroplatinaat neergeslaan deur die oplossing met ammoniumchloried te behandel. Hy het kwiksianaat bygevoeg om palladiumsianaat te vorm wat daarna verhit is om die palladium-metaal te onttrek.
Palladiumchloried is eens op 'n tyd as 'n behandeling vir tuberkulose voorgeskryf teen 'n dosis van 0.065 g per dag. Die behandeling het nie baie nadelige gevolge gehad nie, maar is later met meer doeltreffende geneesmiddels vervang.
Palladium se affiniteit vir waterstof het 'n belangrike rol gespeel in die omstrede Fleischmann-Pons eksperiment in 1989, waar die navorsers beweer het dat hulle koue fusie ontdek het.
Vroeg in die jaar 2000 is die Russiese verskaffing van palladium aan wêreldwye markte gereeld onderbreek of vertraag[4] omdat uitvoerkwotas nie betyds vanweë politiese oorwegings toegestaan is nie. Die daaropvolgende paniekgedredewe aankope het die palladiumprys die hoogtes in laat skiet tot op 'n hoogtepunt van bykans $1100 (VSA) in Januarie van 2001.[5] In hierdie tydperk het die Ford Motormaatskappy uit vrees dat motorvervaardiging onderbreek sou word as gevolg van palladiumtekorte, 'n groot hoeveelheid van hierdie metaal opgeberg en met die gevolglike daling in pryse later in 2001 het die maatskappy 'n verlies van $1 Miljard gely.[6]
Die wêreldwye vraag na palladium het vanaf 100 ton in 1990 tot bykans 300 ton in 2000 gestyg. Die wêreldwye produksie uit myne was 222 ton in 2006 alvorens USGS se data. Die meeste palladium word gebruik in katalitiese omsetters in die motornywerheid.[7]
Verspreiding
In 2005 was Rusland die topprodusent van palladium gewees met ten minste 'n 50% markaandeel gevolg deur Suid-Afrika, die V.S.A en Kanada volgens die British Geological Survey.
Palladium word as 'n vrye metaal in die natuur gevind en kom in legering saam met platinum en goud in die spoelneerslae van die Oeralgebergte, Australië, Etiopië, Suid- en Noord-Amerika. Dit word kommersieel ontgin vanuit nikkel-koper neerslae uit Suid-Afrika, Ontario in die V.S.A en Siberië; Die hoë waarde van palladium maak die hoë koste van ontginning vanweë die lae konsentrasie en gevolglike groot hoeveelhede erts wat verwerk moet word, steeds winsgewend. Die wêreld se grootste enkele vervaardiger van palladium is MMC Norilsk Nickel wat dit produseer vanuit die Norilsk-Talnakh neerslag. Die Merensky-rif van die Bosveldkompleks van Suid-Afrika bevat beduidende hoeveelhede palladium saam met ander platinumgroep elemente. Die Stillwater-kompleks in Montana bevat ook ontginbare palladium.
Palladium ontstaan ook in fissiereaktore en kan onttrek word vanuit die uitgeputte kernbrandstof. Palladium word aangetref in die seldsame minerale koöperiet en polariet.
Kenmerke
Palladium is 'n sagte silwerwit metaal wat ooreenkomste toon met platinum. Dit is dié platinumgroep-metaal met die laagste digtheid en laagste smeltpunt. Dit is sag en pletbaar wanneer dit uitgegloei word en die koue verwerking daarvan verleen baie sterkte en hardheid daaraan.
Palladium word chemies aangeval deur swaelsuur, salpetersuur en soutsuur waarin dit stadig sal oplos.[3] Hierdie metaal reageer nie met suurstof by normale temperature nie (en vlek dus nie in lug nie). Palladium wat verhit word tot by 800 °C sal 'n laag palladium(II)oksied (PdO) laat ontstaan. Dit vlek ook effens in vogtige atmosfere wat swael bevat.
Dié metaal het die ongewone vermoë om soveel as 900 keer sy eie volume waterstof by kamertemperatuur te absorbeer. Daar word gereken dat die verbinding palladiumhidried (PdH2) gevorm word maar dit is nog onseker of dit 'n ware chemiese verbinding is.[3] As palladium groot hoeveelhede waterstof absorbeer sit dit ook effens uit.[8]
Algemene oksidasietoestande van palladium is 0, +1, +2, en +4. Al is daar oorspronklik vermoed dat +3 die fundamentele oksidasietoestand van palladium was, bestaan daar geen bewyse van palladiumverbindings wat in die +3 toestand voorkom nie; ondersoeke is deur middel van X-straaldiffraksie gedoen van 'n verskeidenheid verbindings wat eerder 'n dimeer van palladium(II) en palladium(IV) aandui. Meer onlangs is verbindings met 'n oksidasietoestand van +6 voorberei.
Isotope
Palladium wat in die natuur voorkom bestaan uit ses isotope. Die mees stabiele radio-isotope is 107Pd met 'n halfleeftyd van 6.5 miljoen jaar, 103Pd met 'n halfleeftyd van 17 dae en 100Pd met 'n halfleeftyd van 2.63 dae. Agtien ander radio-isotope is al geëien met atoommassas wat wissel tussen 92.936 (93Pd) en 119.924 (120Pd). Die meeste van hierdie halfleeftye is minder as 'n halfuur behalwe vir 101Pd (halfleedtyd: 8.47 uur), 109Pd (halfleeftyd: 13.7 uur) en 112Pd (halfleeftyd: 21 uur).
Die primêre vervalmodus voor die volopste stabiele isotoop, 106Pd is elektronvangs en die primêre modus daarna is betaverval. Die primêre vervalproduk voor 106Pd is rodium en die primêre produk daarna is silwer.
Radiogeniese 107Ag is 'n vervalproduk van 107Pd en is die eerste wat in die Santa Clara, Kalifornië meteoriet van 1978 ontdek is.[9] Die ontdekkers daarvan het voorgestel dat die samesmelting en differensiasie van klein ysterkern planete sowat 10 miljoen jaar plaasgevind het na 'n nukleosintetiese gebeurtenis.
107Pd teenoor Ag korrelasies wat in liggame waargeneem is, wat duidelik gesmelt was sedert die akresie (samesmelting) van die sonnestelsel, dui op die teenwoordigheid van nukliede met kort lewensduurte in die vroeë sonnestelsel.[10]
Gebruike
Palladium word gebruik in tandheelkunde,[11][12] horlosievervaardiging, vonkproppe vir vliegtuigenjins en in die vervaardiging van snykundige instrumente en elektriese kontakte.
Elektronika
Die grootste verbruiker van palladium in elektronika is die vervaardiging van multi-laag keramiekkapasitore(MLKK). Dit word ook gebruik vir die platering van elektroniese komponente en in soldeerselmateriale. Die elektroniese bedryf het meer as 1.07 miljoen fyn ons palladium in 2006 verbruik alvorens 'n Johnson Matthey verslag.
Tegnologie
Waterstof diffundeer maklik deur verhitte palladium; dus kan dit gebruik word om die gas te suiwer.[3] Palladium (en palladium-silwer legerings) word gebruik as elektrodes in multilaag keramiekkapasitore.[11] Palladium (soms in legering met nikkel) word ook gebruik om verbindingstukke te plateer in elektroniese verbruikersgoedere.
Dit word ook gebruik as 'n Palladium-Waterstof elektrode in elektrochemiese studies. Palladiumdichloried kan groot hoeveelhede koolstofmonoksiedgas absorbeer en word daarom gebruik in koolstofmonoksiedmeters.
Katalise
Wanneer dit fyn verdeel is, soos in palladium op koolstof, is palladium 'n baie goeie katalisator en word dit gebruik om hidrogenasie en dehidrogenasie reaksies te versnel. Dit word ook gebruik in die kraking van swaarder ru-olie reste. 'n Groot aantal reaksies wat koolstof-koolstof bindings vorm in organiese chemie (soos die Heck- en Suzuki koppeling) word bevorder met behulp van palladiumverbindings as katalisatore. Die belangrikste gubruik van palladium in die verband is in katalitiese omsetters.[11] Baie navorsing word steeds gedoen om maniere te ontdek om die duurder platinum met palladium te vervang vir hierdie spesifieke doeleinde.
Stoor van waterstof
Palladium kan ook gebruik word om waterstof te stoor in die vorm van Palladiumhidried.
Juweliersware
Sedert 1939 is palladium so nou en dan gebruik as 'n edelmetaal in juweliersware as 'n vervanging vir platinum of witgoud.
Die metaal se natuurlike wit kleur maak dit onnodig om dit met rodium te plateer. Dit is effe witter en baie ligter en sowat 12% harder. Net soos goud kan palladium tot 'n dun laag geplet word (so min as 100 nm).[3] Soos platinum sal dit mettertyd 'n wasige patina ontwikkel. Anders as platinum sal palladium egter verkleur by soldeertemperature en bros word as dit voortdurend verhit en afgekoel word en reageer dit ook met sterk sure.
Palladium kan ook as vervanging vir nikkel in die vervaardiging van witgoud gebruik word. Palladium is een van die drie mees gebruikte elemente in die vervaardiging van witgoud [11] (Nikkel en Silwer word ook gebruik). Palladium-goud is 'n duurder legering as nikkel-goud maar veroorsaak minder allergiese reaksies en behou sy wit kleur langer. Toe platinum as 'n strategiese hulpbron verklaar is tydens die Tweede Wêreldoorlog is baie trouringe uit palladium vervaardig.
In September 2001,[13] was palladium duurder as platinum en is daarom selde gebruik in juweliersware en ook omdat dit moeiliker was om te giet. Die tegniese probleme met die giet van die metaal is grootliks opgelos en die gebruik van palladium in juweliersware het toegeneem as gevolg van die skerp styging in die prys van platinum en die daling van die palladiumprys.[14]
Verwysings
- Platinum Metals Review, Rhodium and Palladium – Events Surrounding Its Discovery, accessed 5 Feb 2007.
- On a New Metal, Found in Crude Platina, W. H. Wollaston, Philosophical Transactions of the Royal Society of London, band 94, jaar 1804, bladsye 419-430.
- Los Alamos National Laboratory, Palladium Geargiveer 5 April 2007 op Wayback Machine, Laas nagegaan op 5 Feb 2007.
- Russian PGM Stocks Geargiveer 16 Julie 2011 op Wayback Machine, Williamson, A.
- Historical Palladium Charts and Data, Kitco, laas nagegaan op 09-08-2007
- [dooie skakel]
- Palladium – A review of exposure and effects to human health, J. Kielhorn, C. Melber, D. Keller, I. Mangelsdorf, International Journal of Hygiene and Environmental Health, volume = 205, uitgawe 6, 2002, bladsye 417-432, 10.1078/1438-4639-00180
- Gray, Theodore; 46 Palladium , Laas nagegaan op 14-10-2007
- W. R. Kelly, G. J. Wasserburg, Evidence for the existence of 107Pd in the early solar system, Geophysical Research Letters, 1978, volume = 5, bladsye = 1079–1082
- J. H. Chen, G. J. Wasserburg, The isotopic composition of Ag in meteorites and the presence of 107Pd in protoplanets, Geochimica et Cosmochimica Acta, 1990, volume 54, uitgawe 6, bladsye 1729–1743, doi = 10.1016/0016-7037(90)90404-9
- United Nations Conference on Trade and Development, Palladium, laas nagegaan op 5 Feb 2007.
- Platinum Metals Review, Palladium in Restorative Dentistry Geargiveer 27 September 2007 op Wayback Machine
- Johnson Matthey NY: Daily Metal Prices, September 2001 Geargiveer 11 November 2007 op Wayback Machine
- Holmes, E., "Palladium, Platinum's Cheaper Sister, Makes a Bid for Love", Wall Street Journal (Eastern edition). 13 Feb, 2007. bl. B.1
Eksterne skakels
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir palladium.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Palladium. |
- Palladium in depth Geargiveer 11 April 2007 op Wayback Machine – Online Encyclopedia
- WebElements.com – Artikel oor Palladium
- Platinum Metals Review E-Journal
- Huidige en Geskiedkundige Palladiumpryse
- Palladium Futures Charts
- Bio-Palladium Geargiveer 14 Mei 2008 op Wayback Machine
- Stillwater Palladium
H | He | ||||||||||||||||||||||||||||||
Li | Be | B | C | N | O | F | Ne | ||||||||||||||||||||||||
Na | Mg | Al | Si | P | S | Cl | Ar | ||||||||||||||||||||||||
K | Ca | Sc | Ti | V | Cr | Mn | Fe | Co | Ni | Cu | Zn | Ga | Ge | As | Se | Br | Kr | ||||||||||||||
Rb | Sr | Y | Zr | Nb | Mo | Tc | Ru | Rh | Pd | Ag | Cd | In | Sn | Sb | Te | I | Xe | ||||||||||||||
Cs | Ba | La | Ce | Pr | Nd | Pm | Sm | Eu | Gd | Tb | Dy | Ho | Er | Tm | Yb | Lu | Hf | Ta | W | Re | Os | Ir | Pt | Au | Hg | Tl | Pb | Bi | Po | At | Rn |
Fr | Ra | Ac | Th | Pa | U | Np | Pu | Am | Cm | Bk | Cf | Es | Fm | Md | No | Lr | Rf | Db | Sg | Bh | Hs | Mt | Ds | Rg | Cn | Nh | Fl | Mc | Lv | Ts | Og |
Alkalimetale | Aardalkalimetale | Lantaniede | Aktiniede | Oorgangsmetale | Hoofgroepmetale | Metalloïde | Niemetale | Halogene | Edelgasse | Chemie onbekend |