Palapye

Palapye (klem op tweede lettergreep) is 'n stad (voorheen 'n dorp) in Botswana. Palapye word beskou as die stad in Afrika wat die vinnigste groei.

Palapye
Palapye, uitsig na die Morupule-kragstasie, 1987
Palapye, uitsig na die Morupule-kragstasie, 1987
Palapye is in Botswana
Palapye
Palapye
Koördinate: 22°23′0″S 27°8′0″O
LandVlag van Botswana Botswana
DistrikSentraal Distrik
SubdistrikSerowe/Palapye
Regering
  LPMoiseraele Master Goya
  HoofmanRaditanka Ntebele
Hoogte
919 m (3 015 ft)
Bevolking
  Totaal26 000
  Digtheid5,0/km2 (12,9/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Areakode
49xxxxx
Webwerfhttp://www.palapye.com

Geskiedenis

Die Bamangwato-volk, onder Kgosi Kgama III, word algemeen beskou as die eerste mense om hulself naby die hedendaagse Palapye te vestig. Hul hoofstad was die nedersetting Phalatswe, ook bekend as Ou Palapye, en was geleë aan die westelike punt van die Tswapong heuwels. Dit het tot 1902 bestaan, toe dit ontruim is, en die bouvalle daarvan is steeds sigbaar 'n paar kilometer buite Palapye se dorpskern. Die naam Palapye, voorheen ook Palachwe of Palapwe gespel, verwys na die rooibok.[1]

Verwysing

  1. Raper, P.E. Palapye. Besoek op 28 Oktober 2013. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.