Groupe PSA

Die Groupe PSA (in Afrikaans, Groep PSA; afgekort PSA; soms Peugeot-Citroën genoem; vorige naam, 1991–2016, PSA Peugeot Citroën) is 'n multinasionale korporasie wat motorvoertuie vervaardig. PSA staan vir Peugeot Société Anonyme.

Groupe PSA
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig 1965
Hoofkantoor Parys, Frankryk
SleutelpersonePeugeot-familie
Carlos Tavares
Gebied bedienAfrika, Europa, Latyns-Amerika, Midde-Ooste, Volksrepubliek China
IndustrieMotorvervaardiger
ProdukteMotorvoertuie
kommersiële voertuie
motoronderdele
DiensteMotorfinansiering
voertuigverhuring
voertuigdiens
Inkomste € 54,359 miljard (2014)[1]
Netto inkomste € 0,435 miljard (2014)
Werknemers184.804 (2014)
MoedermaatskappyPeugeot-familie (14,1%), Franse Republiek (14,1%), DongFeng Motormaatskappy (14,1%)
DivisiesPeugeot
Citroën
DS Motorvoertuig
Opel
Vauxhall Motors
Webwerfpsa-peugeot-citroen.com

Die belangrikste fabrieke is geleë in Europa (Frankryk, Spanje, Portugal, die Tsjeggiese Republiek, Slowakye, Italië), in Asië (Turkye, Iran, China), in Afrika (Marokko, Nigerië), en Latyns-Amerika (Brasilië, Argentinië).

Die belangrikste markte vir PSA in 2014 was in Wes-Europa en China.

PSA se aandele vorm sedert 23 Maart 2015 deel van die CAC 40-mandjie op die effektebeurs Euronext in Parys.[2]

In 2015 het PSA 2 973 000 motors verkoop, 'n groei van 1.17% teenoor 2014.[3]

Na 88 jaar van eienaarskap het General Motors Opel en Vauxhall Motors in 2017 aan die Franse motorvervaardiger PSA verkoop.[4]

Eksterne skakels

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.