Oviston

Oviston is 'n dorpie geleë op die suidoostelike oewer van die Gariepdam, Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die naam is 'n akroniem vir "Oranje-Vis-tonnel" omrede die waterinlaattoring vir die tonnel by Oviston gebou is. Die dorpie is in 1964 gebou om die mense te huisves wat by die bou van die tonnel betrokke was. Oviston is 8 km noord van Venterstad.[2]

Oviston
Oranje-Vis-tonnel se inlaat by Oviston
Oranje-Vis-tonnel se inlaat by Oviston
Oviston is in Oos-Kaap
Oviston
Oviston
 Oviston se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 30°41′S 25°46′O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
DistrikJoe Gqabi
MunisipaliteitWalter Sisulu
Stigting~1965
Regering
  TipePlaaslike Munisipaliteit
Oppervlak
  Totaal4,15 km2 (1,60 vk. myl)
Hoogte
1 288 m (4 226 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal636
  Digtheid153/km2 (400/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense38.7%
  Bruin mense46.7%
  Swart mense14.6%
Taal (2011)
  Afrikaans 72.8%
  Engels 15.6%
  Xhosa 7.6%
  Sotho 2.2%
  Ander 1.9%
Poskode (strate)
9798
Poskode (posbusse)
9798
Skakelkode051-654-

Volgens die 2011-sensus het die dorp 'n bevolking van 636 gehad, waarvan 246 (38,7%) Blankes is.[1]

Sien ook

Nota: Afstande per pad gemeet[3]

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.