Overbergsuikerbos
Die Overbergsuikerbos (Protea decurrens) is 'n struik wat aan die bekende Proteagenus behoort en is endemies aan Suid-Afrika. Die plant kom voor vanaf die Langeberg, Shaw se pas en op die Potberg.[1] Dit is deel van die fynbos- en renosterveld-biome. Die plant word 50 cm in deursnee en 60 cm hoog en blom van Julie tot Augustus.
Overbergsuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. decurrens |
Binomiale naam | |
Protea decurrens E.Phillips, 1910 | |
'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en daarna deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van rotte en muise. Die plant groei in silkreetgruis op hoogtes van 150 - 700 m.
In Engels staan dit as die Linear-leaf sugarbush bekend.
Verwysings
- "Species list for the Potberg Mountains". www.proteaatlas.org.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2020. Besoek op 31 Januarie 2020.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.