Overbergse speldekussing
Die Overbergse speldekussing (Leucospermum oleifolium) is 'n blomdraende struik wat hoort tot die Leucospermum genus en deel vorm van die fynbos-bioom. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap; dit kom voor in die Slanghoek-, Du Toitskloof-, Riviersonderend-, Hottentots-Hollandberge, Kleinmond, Groenlandberg en Caledon. Die struik word slegs 1,0 m groot en dra hoofsaaklik blomme van September tot Oktober.
Overbergse speldekussing | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. oleifolium |
Binomiale naam | |
Leucospermum oleifolium (P.J.Bergius) R.Br., 1810 | |
Sinonieme | |
|
In Engels staan dit as die Overberg pincushion bekend.
Sien ook
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Overbergse speldekussing.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.