Ouhout
Die Ouhout (Leucosidea sericea) is 'n boom wat in die oostelike gedeelte van Suid-Afrika voorkom, maar nie aan die kus nie. Die naam is afgelei van die hout van die boom wat stadig brand, soos ou verrotte hout. Die boom het kwasterige en verdraaide stamme.
Ouhout | |
---|---|
![]() | |
Leucosidea sericea | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Rosoideae |
Tribus: | Sanguisorbeae |
Subtribus: | Agrimoniinae |
Genus: | Leucosidea |
Spesie: | L. sericea |
Binomiale naam | |
Leucosidea sericea Eckl. & Zeyh. | |

Blomme en blare van 'n ouhout in Johannesburg.
Dit is inheems aan Zimbabwe[1] en Suid-Afrika en kom in die Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes voor. Op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' gelys.[2]
Bron
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
Verwysings
- "Flora van Zimbabwe" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2018.
- "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Februarie 2020.
Eksterne skakels
Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir ouhout.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.