Ou Bluff-vuurtoring

Die Ou Bluff-vuurtoring, wat ook bekend gestaan het as die Port Natal-vuurtoring, was 'n 24 m (81 voet) hoë, ronde gietystertoring wat op 23 Januarie 1867 in gebruik geneem en later afgebreek is.[1] Die vuurtoring was geleë op die Bluff, aan die noordekant van die ingang tot die Baai van Natal.[2]

Die Ou Bluff-vuurtoring in 1895

Geskiedenis

Die hoeksteen van die vuurtoring is op 22 November 1864 deur goewerneur John Scott gelê. Dit het bestaan uit honderd of meer geboë gietystersegmente van 'n halwe meter by een meter wat elk ongeveer 300 kg geweeg het. Die konstruksie het drie jaar geduur.[1]

Die toring se eerste lamp was 'n oliebrander, waarmee die toring van 1867 tot 1922 ononderbroke diens gelewer het.[2] In Julie 1922 is die oliebrander vervang met 'n petroleumverdampingsbrander wat ongeveer 150 000 CD gelewer het.[1] Tien jaar later, op 15 September 1932, is die Bluff-vuurtoring geëlekrifiseer en die verdampingsbrander is vervang met 'n elektriese gloeilamp van 4 kW wat die ligkrag tot 3 000 000 CD verbeter het.[1] Teen hierdie tyd was die oorspronklike gietystertoring baie verweer en het dit onveilig geword.[2] Die vuurtoringingenieur, mnr. Harry Claude Cooper, het besluit om die toring met beton te omhul om dit veiliger te maak.[1]

Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog is die kuswageenheid by die Bluff gemoderniseer.[3] Op die oggend van 5 Mei 1938 het die Cape Garrison Artillery begin om hul 6 duim-kanonne te vuur vanaf 'n terrein naby die basis van die vuurtoring.[1] Die gevaar het bestaan dat die vensters, asook die kwik wat in die optiese lense van vuurtorings voorkom, beskadig sou word.[4] Mnr. Cooper het voorgestel dat twee kleiner, outomatiese vuurtorings op ander plekke opgerig word – die een op die terrein van die radiostasie by Brightonstrand en die ander noord van die Bluff.[1]

Die Ou Bluff-vuurtoring is op 16 Oktober 1940 in onbruik gestel en in Junie 1941 afgebreek.[2] Die twee nuwe torings is:[4]

Sien ook

Bronne

Verwysings

Vlag van Suid-Afrika Vuurtorings van Suid-Afrika
Atlantiese Kus en Valsbaai:

Dasseneiland  Doringbaai  Groenpunt  Groenriviermond  Hondeklipbaai  Kaap Columbine  Kaappunt (Diaspunt)  Kaappunt (Kaap Maclear)  Kaapstadhawe-breekwater  Kaap St. Martin  Milnerton  Mouillepunt  North Head, Saldanhabaai  Port Nolloth  Robbeneiland  Roman Rock  Simonstad-skeepswerf  Slangkop  South Head, Saldanhabaai  Stompneuspunt

Kaapse Suidkus:

Cape Seal  Danger Point  Hangklip  Kaap Agulhas  Kaap Infanta  Kaap Sint Blaize  Quoin Point  Ystervarkpunt

Oos-Kaap:

Castle Point  Deal-vuurtoring  Donkin Hill  Groot-Vispunt  Hood Point  Kaap Hermes  Kaap Morgan  Kaap Recife  M’bashe Point  Seal Point  South Sand Bluff  Voëleiland

KwaZulu-Natal:

Anglo-American-gebou  Cooper  Durnford Point  Green Point (Clansthal)  Ifafastrand  Jesser Point  Kaap St. Lucia  Kaap Vidal  North Sand Bluff  Ou Bluff-vuurtoring  Port Shepstone  Richardsbaai-Noord-breekwater  Richardsbaai  Umhlanga Rocks

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.