Otto von Habsburg
Otto von Habsburg, in Oostenryk amptelik Otto Habsburg-Lothringen, meestal kort Otto Habsburg genoem (* 20 November 1912 in Reichenau an der Rax; † 4 Julie 2011 in Pöcking, Beiere[1]), was die oudste seun van die laaste keiser van Oostenryk-Hongarye, Karel I, asook 'n skrywer, publisis en politikus in die Vrystaat Beiere se Christelik-Sosiale Unie (CSU). Vir dié party is hy ook as lid van die Europese Parlement verkies.
Otto von Habsburg | |
Otto von Habsburg in 2004 | |
Lid van die Europese Parlement vir Duitsland | |
Ampstermyn 1979 – 1999 | |
Persoonlike besonderhede | |
---|---|
Gebore | Villa Wartholz, Reichenau an der Rax, Neder-Oostenryk, Oostenryk-Hongarye (nou Oostenryk) | 20 November 1912
Sterf | 4 Julie 2011 (op 98) Pöcking, Beiere, Duitsland |
Politieke party | Christelik-Sosiale Unie |
Eggenoot/-note | Prinses Regina van Sakse-Meiningen (1951–2010; haar dood) |
Kind(ers) | Andrea, Monika, Michaela, Gabriela, Walburga, Karel, Georg |
Religie | Rooms-Katolieke Kerk |
Handtekening | |
Lojaliteit | Oostenryk (vanaf 1956) Hongarye Duitsland (vanaf 1978) Kroasië (vanaf 1990) |
Hy was 'n burger van Oostenryk, Duitsland en Hongarye[2] asook, volgens sy eie bewering, Kroasië.[3]
Tussen 1916 en 1918 was Otto von Habsburg die kroonprins van Oostenryk-Hongarye. Met al sy voorname en adellike titels is hy destyds Seine Kaiserliche und Königliche Hoheit Franz Joseph Otto Robert Maria Anton Karl Max Heinrich Sixtus Xaver Felix Renatus Ludwig Gaetan Pius Ignatius, Kaiserlicher Prinz, Erzherzog von Österreich, Königlicher Prinz von Ungarn genoem. Vanaf 20 November 1930 tot 1 Januarie 2007 was hy die hoof van die adellike families Habsburg-Lotaringe. Hy is in dié amp opgevolg deur sy seun Karl Habsburg-Lothringen (* 1961).
Vanaf die middel van die 1930's het Otto von Habsburg hom binne die Paneuropese Unie – en aanvanklik binne 'n Christelik-monargistiese konteks – vir die vereniging van Europa uitgespreek. Hy was 'n vasbeslote teenstander van Adolf Hitler en sy Nasionaal-Sosialistiese ideologie asook van kommunisme. In 'n doodberig is opgemerk: "In die politiek […] het hy homself as 'n 'werktuig van God' beskou.[4]
Verwysings
- Kaisersohn Otto Habsburg 98-jährig verstorben. In: Oostenrykse Uitsaaikorporasie (ORF), 4 Julie 2011. Besoek op 15 Maart 2017
- Vergelyk DDr. Otto von Habsburg-Lothringen verstorben. Geargiveer 10 April 2012 op Wayback Machine In: Webtuiste van die Magistrat Eisenstadt, sonder datum; besoek op 15 Maart 2017]
Vergelyk Er wurde 98 Jahre alt. Kaisersohn Otto Habsburg verstorben. In: Wiener Zeitung /Austria Presse Agentur (APA), 4 Julie 2011; besoek op 15 Maart 2017 - Man kann nie genug Pässe haben. Interview mit Otto v. Habsburg. In: Süddeutsche Zeitung, 20 Junie 2003. Artikelarchiv smd. Besoek op 15 Maart 2017
- Joachim Riedl: Ein letzter Hauch der Monarchie. Mit dem Tod von Otto Habsburg geht ein Kapitel österreichischer Geschichte endgültig zu Ende. In: Die Zeit, nommer 28/2011, Oostenrykse uitgawe, bl. 13