Otto du Plessis-pas
Die Otto du Plessis-pas is 'n bergpas in die Oos-Kaapse Drakensberge op 'n grondpad wat Ida op die R56 en Clifford op die R396 verbind.[1][2] Die pad loop min of meer ewewydig aan die R58 tussen Barkly-Oos en Elliot. Die pas bereik 'n hoogte van 2 103 m bo seevlak en 'n besonderse maksimum steilte van 1:5. Die pas moet nie verwar word met die Otto du Plessis-pad wat uit die Swartbergpas na die Gamkaskloof lei nie.
Otto du Plessis-pas | |
![]() | |
Monument langs die Otto du Plessis-pas met inskripsie: "Hierdie gedenkteken is ter ere van wyle dr. Otto du Plessis wat hierdie pas op 21 Maart 1959 geopen het. Onthul deur sy edele Nico Malan administrateur van Kaapland op 1 November 1961. | |
Ligging | Tussen Ida en Clifford |
---|---|
Maksimumhelling | 1:5 |
Hoogte | 2 103 m |
Oppervlak | Grondpad |
In | Drakensberg |
Pad | Otto du Plessis-pad |
Die bergpas is vernoem na die voormalige Administrateur van Kaapland Otto du Plessis.[1][2] Twee riviere ontspring in die berg net noord van die pas, nl. die Saalboomrivier en die Vaalhoekrivier.
Sien ook
Verwysings
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.