Otto Beit

Sir Otto John Beit (18651930) was 'n goudmagnaat. Hy is in Hamburg, Duitsland, gebore as die jonger broer van Alfred Beit. Hy kom in die Witwatersrand aan in 1890 as lid van die firma Herman Eckstein & Co. In 1896 keer hy terug na Londen maar behou kontak in die goud- en diamantbedrywe. Hy tree af na die dood van sy broer in 1906 en wy al sy aandag en geld aan die ontwikkeling van die Rhodes-Trust en Beit Trust. Hy sterf op 7 Desember 1930.

Otto Beit
Gebore
Otto John Beit

(1865-12-07)7 Desember 1865
Sterf7 Desember 1930 (op 65)
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
BeroepGoud- en diamantemagnaat

Bron

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.