Otjikoto-kurper

Die Otjikoto-kurper (Tilapia guinasana) is 'n varswatervis wat endemies is aan die Guinasmeer in Namibiƫ. Die vis is ook gevestig in onder andere die Otjikotomeer. In Engels staan die vis bekend as die Otjikoto tilapia.

Otjikoto-kurper
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Pseudocrenilabrinae
Genus:
Spesie:
T. guinasana
Binomiale naam
Tilapia guinasana
Trewavas, 1936

Voorkoms

Die vis se voorkoms kan baie wissel; die kleure wissel van olyfgroen met donker vertikale strepe en rooigevlekte vinne tot 'n egalig swart of bont vis met wit, blou, geel en swart. Die broeiende mannetjies het 'n swart keel, pens en anale vinne. Die vis word tot 14 cm lank.

Habitat

Die vis leef in die Guinasmeer wat 'n ingevalle sinkgat is, 120 m in deursnee en meer as 'n 100 m diep. Tog neig hulle om langs die feitlik vertikale kante te leef, broei en vreet. Hulle vreet hoofsaaklik diatome en alge. Nou lysies word gebruik om op te broei en gebiede word afgebaken en verdedig, eiers word beskerm en versorg deur beide ouers.

Bewaringstatus

Die vis word kritiek bedreig; die gebruik van plaaslike grondwaterbronne en die impak van ingevoerde visse is 'n ernstige bedreiging vir die bestaan van die vis.

Sien ook

Bron

  • A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.