Oststeinbeker SV
Oststeinbeker SV is 'n sportklub uit Oststeinbek in die deelstaat Sleeswyk-Holstein in Duitsland. Oststeinbek is aan die stadsrand van Hamburg geleë.
Volledige naam | Oststeinbeker Sportverein von 1948 e.V. |
Stigtingsdatum | 10 Julie 1948 |
Tuisveld | Sportzentrum Meessen, Oststeinbek |
Kapasiteit | 2 000 |
Kompetisie | Oberliga Hamburg |
Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir onder meer pluimbal, basketbal, gimnastiek, jiu jitsu, judo, kung-fu, atletiek, taekwondo, dans, tafeltennis en vlugbal.
Die klub is op 10 Julie 1948 gestig deur lede wat voorheen aan die buurdorp se TSV Glinde verbonde was, nadat daar by die Geallieerde besettingsmagte toestemming verkry is om met die stigting voort te gaan. Daar was nie voorheen 'n sportklub in Oststeinbek nie.
Die klub is veral bekend vir sy vlugbalafdeling, wat ook sy grootste prestasies tot dusver gelewer het, deurdat daar in die 2005/06- en 2007/08-seisoene in die 1. Bundesliga op die hoogste vlak van die Duitse vlugbalstruktuur meegeding is.
Onlangse ligaposisionering
|
|
Eksterne skakels
- Amptelike klubwerf Geargiveer 23 Augustus 2009 op Wayback Machine
Oberliga Hamburg 2009/10-seisoen | |
Altona 93 - HSV Barmbek-Uhlenhorst – ASV Bergedorf 85 – TSV Buchholz 08 – |