Osseties
Osseties (Ирон ӕвзаг, Iron ævzag, [iˈɾon əvˈʒäɡ]) is 'n Irannese taal wat deur sowat 618 000 mense in Georgië, Turkye en Rusland gepraat word. Dit is die amptelike taal van die omstrede gebied Suid-Ossetië wat volgens internasionale reg tot Georgië behoort en van die Russiese deelrepubliek Noord-Ossetië-Alanië saam met Russies. Daarbenewens word Osseties deur die Ossetiese diaspora in Westerse lande as moedertaal en ander etniese groepe van die Kaukasus-streek as tweede taal gepraat. Dié taal bestaan uit die drie dialekte Digor, Iron en Jassies. Osseties word in die Cyrilliese alfabet geskryf.
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Ossetiërs.
Osseties Ирон ӕвзаг, Iron ævzag | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [iˈɾon əvˈʒäɡ] | |
Gepraat in: | Georgië | |
Gebied: | Kaukasus | |
Totale sprekers: | 617 570[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Irannees Osseties | |
Skrifstelsel: | Cyrilliese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Georgië | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | os | |
ISO 639-2: | oss | |
ISO 639-3: | oss | |
Osseties is een van die mees verspreide Irannese tale in die Kaukasus-streek en die mees noordwestelike binne dié taalfamilie. Bykans al Ossetiërs praat Russies as tweede taal.
Skryfstelsels
Verwysings
- "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Ossetic" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020. Besoek op 8 November 2017.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Osseties.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Osseties.