Osmium

Osmium is 'n chemiese element met simbool Os. Dit is saam met iridium die stof wat die hoogste digtheid besit. Osmium is 'n metaal. Indien is aan die lug blootgestel word kan dit 'n osmium(VIII)oksied vorm.

76 renium Osmium iridium
Ru

Os

Hs
Algemeen
Naam, simbool, getal Osmium, Os, 76
Chemiese reeksoorgangsmetale
Groep, periode, blok 8, 6, d
Voorkomsblouswart metaal
Atoommassa190,23 (1) g/mol
Elektronkonfigurasie[Xe] 4f14 5d6 6s2
Elektrone per skil2, 8, 18, 32, 14, 2
Fisiese eienskappe
Toestandvastestof
Digtheid (naby k.t.)22,61 g/cm³
Kristalstruktuurseskantig-diggepak
RuimtegroepP6/mmc  nommer: 194
Strukturbericht-kodeA3
Portaal Chemie

Hierdie oksied is taamlik vlugtig en daardeur het die metaal 'n sterke reuk. Die oksied is toksies en gevaarlik omdat dit die oë kan aantas.

'n Poeier van die metaal vorm die tetroksied reeds by kamertemperatuur, 'n blok bly tot ongeveer 400 C onaangetas. Die metaal reageer ook met fluoor of chloor bo 100 C, maar dit reageer nie met sure of met koningswater nie.

Vir die vervaardiging van osmiumverbindings word daarom dikwels uitgegaan van die tetroksied wat by kamertemperatuur in KOH opgelos word, wat die perosmaat K2[OsO4(OH)2] vrystel wat met alkohol gereduseer kan word tot kaliumosmaat K2[OsO2(OH)4].

Osmium word in 9 oksidasietoestande aangetref, soos in hierdie voorbeelde:[1]

OksidasietoestandSpesie
-2[Os(CO)4]2−
0Os(CO)5
+1[Os(CO)5Br]2
+2[Os(CN)6]4−
+3[OsCl6]3−
+4[OsCl6]2−
+5OsF5
+6OsF6
+7OsF7
+8OsO4
  • Sien ook Kategorie:Verbindings van osmium

Verwysings

  1. The Chemistry of Ruthenium, Rhodium, Palladium, Osmium, Iridium and Platinum: Pergamon Texts in Inorganic Chemistry, Volume 25, Stanley E. Livingstone, Elsevier, 2017, ISBN 1-4831-5840-3, ISBN 978-1-4831-5840-2

Eksterne skakels

H He
Li Be B C N O F Ne
Na Mg Al Si P S Cl Ar
K Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br Kr
Rb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I Xe
Cs Ba La Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tl Pb Bi Po At Rn
Fr Ra Ac Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr Rf Db Sg Bh Hs Mt Ds Rg Cn Nh Fl Mc Lv Ts Og
Alkalimetale Aardalkalimetale Lantaniede Aktiniede Oorgangsmetale Hoofgroepmetale Metalloïde Niemetale Halogene Edelgasse Chemie onbekend
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.