Osmiridium

Osmiridium is 'n seldsame PGE-mineraal. Dit is volgens Hey se definisie (1963) 'n legering van osmium en iridium met Os<32% en het die kubiese struktuur wat suiwer iridium besit. Indien Os>32% word die struktuur heksagonaal soos osmium self en word dit iridosmien genoem.[1]

Osmiridium
 
OnsuiwerhedePt, Ru  
Strukturbericht-kodeA1
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Later navorsing het ternêre Ru-Ir-Os en selfs kwaternêre Pt-Ru-Ir-Os-legerings beskou, wat ook hierde twee strukture besit. Daar is voorgestel om die terme osmiridium en iridosmien te skrap. Dit het nogtans nie tot 'n algemeen aanvaarde nomenklatuur gelei nie.

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.