Ortodokse Kerk van Tsjeggië en Slowakye

Die Ortodokse Kerk van Tsjeggië en Slowakye is ’n outokefale Oosters-Ortodokse Kerk wat in volle gemeenskap met die ander Oosters-Ortodokse kerke is. Die primaat van die kerk het die titel Aartsbiskop van Praag, die Metropoliet van Tsjeggië en Slowakye of die Aartsbiskop van Presov, die Metropoliet van Tsjeggië en Slowakye.

Ortodokse Kerk van Tsjeggië en Slowakye
Ortodokse Kerk van Sint Cyrillus en Sint Methodius in Praag.
Ortodokse Kerk van Sint Cyrillus en Sint Methodius in Praag.
MoederkerkRussies-Ortodokse Kerk
Stigtingsjaar1951 deur die Russies-Ortodokse Kerk, 1998 deur die Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel
StigterGorazd (Pavlik)
StatusOutokefaal
Kerkleiding
HoofChristof van Praag
Hoof se titelAartsbiskop van Praag, die Metropoliet van Tsjeggië en Slowakye of die Aartsbiskop van Presov, die Metropoliet van Tsjeggië en Slowakye
SetelPrešov of Praag
Besonderhede
LiturgieBisantyns
Liturgiese taal  Kerkslawies
KalenderHersiene Juliaanse kalender
Gelowiges100 000
Bisdomme4
Kloosters1
Gemeentes249
Webtuiste
In Tsjeggië, In Slowakye

Die Kerk het ’n sterk verbintenis met die antieke geskiedenis. Dit sluit die historiese land Morawië in waar die broers sint Cyrillus en sint Methodius die liturgiese en kanonieke geskrifte van die Ortodokse Kerk in Kerkslawies vertaal het. Daarvoor het hulle die eerste Slawiese alfabet, die Glagolitiese alfabet, ontwerp.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.