Oroks
Die Oroks (Russies: О́роки, Oroki; eie naam: Oelta of Oeilta) is ’n volk wat in Sachalin-oblast in Rusland, veral die oostelike deel van die eiland Sachalin, woon. Die taal Orok behoort tot die suidelike groep van die Toengoesiese taalfamilie.[1] ’n Alfabetiese skrif, wat op Cyrillies geskoei is, is in 2007 bekend gestel. Die taal word in een skool op Sachalin onderrig.[2]

'n Groep Orok-mans.
Volgens die Russiese sensus van 2002 was daar 346 Oroks in Noord-Sachalin by die See van Ochotsk en Suid-Sachalin naby die stad Poronaisk.[3] Volgens die sensus van 2010 was daar 295 Oroks in Rusland.
Verwysings
- "Ethnologue report for Southeast". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Januarie 2013. Besoek op 7 Oktober 2021.
{{cite web}}
: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link) - "UZ Forum - Language Learners Community". Uztranslation.net.ru. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Augustus 2014. Besoek op 1 Desember 2014.
- "Том 4 - "Национальный состав и владение языками, гражданство"". Perepis2002.ru. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Januarie 2012. Besoek op 1 Desember 2014.
Skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oroks.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.