Oregon
Oregon (Engels: State of Oregon) is 'n deelstaat in die Noordwestelike Stille Oseaan-streek van die Verenigde State van Amerika. Dit is die 33ste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Die hoofstad is Salem en die grootste stad is Portland.
Deelstaat Oregon | |||||
| |||||
Bynaam(e): Beaver State | |||||
Amptelike taal(e) | Geen | ||||
Hoofstad | Salem | ||||
Grootste stad | Portland | ||||
Area | 9de in die V.S. | ||||
- Totaal | 255 026 km2 | ||||
- Wydte | 420 km | ||||
- Lengte | 580 km | ||||
- Water | 6 177 km2 | ||||
- % water | 2,4 % | ||||
- Breedtegraad | 42° N tot 46° 18′ N | ||||
- Lengtegraad | 116° 28′ W tot 124° 38′ W | ||||
Bevolking | 27ste in die V.S. | ||||
- Totaal | 3 831 074 | ||||
- Digtheid | 15,02/km2 12de in die V.S. | ||||
Hoogte | |||||
- Hoogste punt | Mount Hood 3 425 m | ||||
- Gemiddeld | 1 005 m | ||||
- Laagste punt | Stille Oseaan seevlak | ||||
Toetrede tot die Unie | 14 Februarie 1859 (33ste) | ||||
Goewerneur | Kate Brown (D) | ||||
Luitenant-Goewerneur | Bev Clamo (R)[1] | ||||
Wetgewer | Oregon Wetgewende Vergadering | ||||
- Hoërhuis | Senaat | ||||
- Laerhuis | Huis van Verteenwoordigers | ||||
V.S. Senatore | Ron Wyden (D) Jeff Merkley (D) | ||||
Tydsone | UTC -8 / Somertyd -7 | ||||
Afkortings | OR US-OR | ||||
Webblad | www.oregon.gov | ||||
Oregon het 'n bevolking van sowat 3,8 miljoen en 'n oppervlakte van 255 026 vierkante kilometer. Na die deelstaatbewoners word in Engels as Oregonians verwys.
Oregon word in die noorde deur Washington (deelstaat), in die ooste deur Idaho, en in die suide deur Kalifornië en Nevada begrens. In die weste lê die Stille Oseaan. Die Cascade-gebergte, wat in die westelike gebied lê, is deur vulkaniese bedrywigheid gevorm. Die oostelike gebied is hoofsaaklik woestynagtig.
Die Columbiarivier vorm vir 480 km die grens tussen dié deelstaat en Washington.
Oregon se bynaam is Beaver State. Die etimologie van die naam Oregon is onbekend.
Verwysings
- In Oregon: Secretary of State
Eksterne skakels
- Toerisme
- Geskiedenis
Verenigde State van Amerika | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|