Oreade

Die Oreades of Orestiades (Grieks: Ὀρεάδες / Όρεστιάδες) was in die Griekse mitologie nimfe wat in valleie en op berge gewoon het. Hulle name het verskil na gelang van hulle blyplek: Die Idaes was van Berg Ida, die Peliades van Berg Pelia, ens. Hulle word verbind met die godin Artemis, wat op haar jagtogte heuwels en rotsagtige gebiede verkies het.

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Oread
    This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.