Orde van die Britse Ryk
Die Orde van die Britse Ryk (Engels: Most Excellent Order of the British Empire) is die jongste ridderorde in Brittanje en die Statebond.[1] Dit is op 4 Junie 1917 deur koning George V gestig en het vyf klasse, burgerlik en militêr. 'n Lid van die eerste twee klasse is ’n ridder of dame.[2]
![](../I/Ster_Orde_van_het_Britse_Rijk.jpg.webp)
Grootkruis van die Orde van die Britse Ryk.
![](../I/Mbe_medal_front_and_reverse.jpg.webp)
’n MBE-medalje met ’n burgerlike band.
Daar is ook die verwante Britse Ryk-medalje, waarvan die lede by die orde ingelyf is, maar nie lede van die orde is nie.
Huidige klasse
Die vyf klasse van die orde is, van die mees senior af:
- Grootkruis (Ridder of Dame) van die Orde van die Britse Ryk (GBE)
- Ridderkommandeur of Damekommandeur van die Orde van die Britse Ryk (KBE of DBE)
- Kommandeur van die Orde van die Britse Ryk (CBE)
- Offisier van die Orde van die Britse Ryk (OBE)
- Lid van die Orde van die Britse Ryk (MBE)
Ná die Tweede Wêreldoorlog het verskeie Suid-Afrikaners hierdie toekenning ontvang: 41 die CBE, 147 die OBE, 363 die MBE en 224 die Britse Ryk-medalje.[3]
Verwysings
- "Order of the British Empire". The Official Website of the British Monarchy (in Engels). The Royal Household. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 April 2020. Besoek op 24 Augustus 2009.
- London Gazette, uitg. 30250, bylae 2. 24 Augustus 1917
- Ensiklopedie van die Wêreld, Deel 2. C.F. Albertyn (Edms.) Bpk, Stellenbosch, Suid-Afrika. 1971
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.