Oranjestreep-snellervis
Die oranjestreep-snellervis (Balistapus undulatus) is 'n vis wat voorkom in die Indies-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika van die Rooisee tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Orangestriped triggerfish.
Oranjestreep-snellervis | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Balistapus Tilesius, 1820 |
Spesie: | B. undulatus |
Binomiale naam | |
Balistapus undulatus (Park, 1797) | |
Voorkoms
Die vis se kop en lyf is groenerig met geboë oranje strepe maar die mannetjie het nie oranje lyne oor die snoet nie. Die pektorale en stertvinne is oranjegoud. Daar is 'n swart merk op die dorsale vin en die vis word tot 30 cm lank.
Habitat
Die vis leef aan die buitekant van riwwe in water wat 10 – 50 m diep is. Die onvolwasse visse kruip in die oorhange van die koraalriwwe weg. Die mannetjie berei 'n nes voor deur op sy te lê en met die stert te klap; so word 'n holte op die bodem gemaak.
Sien ook
Bron
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
Eksterne skakel
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.